Marsjeer voort met goedgesindheid
Gewoonlik as ons hierdie tyd van die jaar bereik, is daar ’n paar belangrike vrae wat ons onsself moet afvra. Dis ’n nuwe jaar, wat nou? Hoe nou? Hoe gaan ek dinge anders doen as die vorige jare?
Verlede week het ek weer die geleentheid gehad om met Gideon Nasilowski te gesels. Hy is ’n gestremde atleet wat weer ’n gewaagde uitdaging in sy visier het.
Laat verlede jaar het hy ongeveer 9,7 kilometer geswem, vanaf Robbeneiland tot net so 3 kilometer voor Bloubergstrand. Hy kon ongelukkig nie tot by sy eindbestemming swem nie, want die weer en seewater was te rof.
Die afstand tussen Robbeneiland en Bloubergstrand is eintlik net 7,5 kilometer, maar Gideon het verder as dit geswem.
Vir my en duisende ander mense was dit inspirerend, en nog steeds ’n reuseprestasie.
Gideon vertel hy was baie hartseer omdat hy nie kon klaarmaak nie. Hy wou nie sy gesig wys nie.
Hy het toe besluit hy gaan sy oefeningprogram vir ’n rukkie staak en Desember saam met sy familie geniet. Toe Januarie aanbreek het hy weer volstoom met sy oefeningprogram begin.
Oor agt weke gaan hy weer swem en hy sê dié keer gaan hy definitief klaarmaak. Soos ek hier skryf, laat dit my dink – hoeveel van ons is deur die golwe van die wêreld platgeslaan, en het die besluit geneem om nie weer op te staan nie? Gideon beskryf dit so mooi: “Dis hoe die lewe is, dit slaan jou plat, die seewater is rof, die wind looi, maar jy moet nie opgee nie.” Jy dink nou seker, ai, dis baie maklik om te sê. Maar then again, sê ek ook, moenie moed opgee nie. Probeer weer.
Gee jouself kans om jou wonde te lek, maar wanneer jy daar klaar is, staan jy op, skud jouself reg en kom terug met ’n vengeance, wat selfs die lewe en al sy drama sal laat terugdeins. Aan die ander kant en ten spyte van al die mooi woorde wat hy ontvang het, was Gideon steeds teleurgesteld en hartseer.
Dis oukei. Soms wanneer iemand deur ’n moeilike tyd gaan, wil ons altyd regstaan met raad, maar soms moet jy dit net los en net teenwoordig wees.
Ek lees nou die dag iets wat hierdie so mooi opsom en dit lui: “The world right now is full of heavy hearts and tired souls, and incredibly exhausted bodies. I don’t know if it’s because we’ve become so consumed with ‘self-care’, but I think we’ve kinda’ forgotten how to take care of each other.
’Let’s stop asking people about their beliefs, opinions or where they stand on certain issues for even just a moment – and ask them how their day is going instead. Let’s tuck away the reminder that so many are not living their best life right now, and kindness matters now more than ever.
“So here’s to smiling at random strangers, more to welcoming drivers to go ahead of us with a little wave, and more random acts of kindness that’ll make someone’s day. We may just change the world, or at least our own.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie