Méér belegging in groei nodig – nie minder nie
Die nabetragting op Namibië se deelname aan die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi sal vir seker in diepte gedoen word om die koring van die kaf te skei om die volgende vierjaarsiklus na Australië 2027 meer vrugte te laat afwerp.
Ondersteuners en waarnemers was sekerlik onder geen illusies oor die aard van die uitdaging wat sou voorlê toe die loting die Afrika-kwalifiseerder saam met die gasheer Frankryk, die driemalige kampioen Nieu-Seeland, Italië en Uruguay geplaas het nie.
Die verwagtinge van stewiger vertonings teen Italië, die All Blacks en die Hane was nie misplaas nie.
Soos met vorige toernooie was daar mos altyd die optimiste met die kort geheues, wat so graag wil verklaar dat “hierdie is die beste spelersgroep wat ons nog ooit na ’n Wêreldbeker gestuur het”.
Die oorblywende tikkie hoop is nou op môreaand se laaste botsing teen Uruguay, maar selfs dit sal beslis nie speletjies wees nie. Die Suid-Amerikaners is dié week in die 17de posisie op die wêreldranglys en hoewel Namibië (21ste) vir ’n verandering nie die laagste gerekende span in die toernooi is nie (Chili is 22ste), het Uruguay reeds teen Frankryk en Italië gewys dat hy op koers is om selfs groter spanne ernstige hoofbrekens te besorg.
Sedert die drie WB-nederlae sover is die uiteenlopende sienings van waarnemers in die sosiale media redelik voorspelbaar, want almal se aandag is mos nou skielik daar.
Dis ook menslike natuur dat die mees negatiewe aanmerkings die meeste aandag sal trek en dat die simplistiese vingerwysery met “oplossings” vorendag sal kom, ongeag dat dit in werklikheid óf onprakties, óf onbekostigbaar, óf teenproduktief mag wees.
“Dank die afrigter/s af. Julle moes Piet Niemand lankal as afrigter aangestel het. Sê vir Wêreldrugby ons het meer gereeld blootstelling in toetse teen die Springbokke en die All Blacks nodig. Sê vir SA Rugby hulle behoort meer te doen om hul buurland te help.
“Verander die spelpatroon. Verander die span se kleurdemografie. Kies net professionele spelers wat hulself in die beste ligas bewys het. Kies net plaaslike klubspelers, wat opoffer en lojaal is en baie kilometers ry. Kies net onder-20’s en bou met hulle vir die toekoms ...”
Op ’n ernstiger noot. ’n Omvattende ontwikkelingsplan is noodsaaklik, met inkoop van alle rolspelers wat ewe nodig gaan wees.
Vanaf grondvlak is daar baie werk wat gedoen sal moet word. Die tendens van die afgelope jare se kurwe wys afwaarts sover die getal rugbyskole, die getal ingeskrewe skolespanne in alle ligas en die getal skolespelers betref.
’n Skole-afrigter wat dit regkry om die genot van rugby tesame met vaardighede, insig in die spel, asook waardes soos kameraderie oor te dra, is sy gewig in goud werd. Sulke mense is die ware onbesonge helde van Namibiese rugby.
In die afgelope vierjaarsiklus het die nasionale junior span dit nie een keer reggekry om die Afrika-toernooi te wen of vir die Wêreldrugby o.20 trofee-toernooi te kwalifiseer nie. Hierdie is maar net een van die tekortkominge wat uiteindelik ook op die senior Wêreldbekervlak reflekteer.
Die jong stut Herman Coetzee se kontrak met die Franse spogklub Racing 92 wys dat Namibië se individuele talent nie onderdruk kan word nie. Maar die ganse pyplyn van onder af boontoe kort doelgerigte instandhouding en méér belegging – nie minder nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie