Chris Jacobie
Chris Jacobie

Melk, heuning en daai dinge

Ek sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Chris Jacobie – Daar kan geen twyfel wees dat die oorspronklike paradys op aarde in Namibië was nie.

Navorsing die afgelope vyf jaar bevestig hierdie teorie en selfs al sou Adam en Eva se gebeentes in enige ander plek, behalwe Namibië, opgegrawe word, sou dit bloot bewys dat hulle net vakansie gaan hou het, maar in hul paradys in Namibië gewoon het.

Navorsing toon ook dat die natuur in Namibië homself oor die eeue heen bloot gemoderniseer het sodat die oorspronklike paradys tred met die moderne tyd kon hou.

Dat die resultate van die navorsing aan die regering beskikbaar gestel is, is so seker as wat dit ’n lonende bedryf is om ’n krimineel in Namibië te wees.

Die bewys hiervoor is minstens twee uitsprake van die president, mnr. Sam Nujoma, oor die land se landbou-potensiaal, veral wat tropiese vrugte betref.

Dit is hy wat piesangbome in die Namib wil aanplant en kort ná onafhanklikheid belowe het dat jogurtbome in Owambo dié streek vir eens en vir altyd op die kaart van wêreldwonders gaan plaas.

G’n mens op aarde sou kon dink dat die Namib so vrugbaar is as hy nie binnekring-inligting gehad het wat bewys dat Namibië inderdaad die paradys van vroeër, en dié gekkeparadys van nou, is nie.

In die paradys was daar ook geen misdaad nie en eers teen die einde het Eva voor die versoeking geswig. In Namibië is daar ook op hierdie gebied merkwaardige ooreenkomste.

Misdaad is hier net meer volop, meer gruwelik en meer afgryslik, maar die straf is heelwat ligter.

’n Misdadiger kan homself ongelukkig ag wanneer ’n landdros met hom raas en hier is tronkstraf ’n uiters welkome vonnis, want die kanse is beter as 80 persent dat ’n misdadiger gaan ontsnap omdat die bewaarder bloot vergeet het om ’n deur agter hom toe te trek.

Dit sal min verbaas as daar ’n vakbond van misdadigers is wat dreig om te staak omdat hulle nie drie keer per dag na die een of ander spoghotel vir etes genooi word nie.

’n Idee van die idilliese lewe wat in Namibië gelei kan word, is die feit dat alles voor ’n mens se oë gebeur en dan moet mense hoor dat wat die bevolking sien blote oëverblindery is.

’n Permamente vertoning van kulkuns waarvoor niemand ’n toegangskaartjie hoef te hê nie.

Voeg daarby die blink voël waarmee die president oor sy Utopië vlieg op soek na die landerye vir sy piesang- en jogurtbome en ’n mens ril aan die gedagte dat die droom tot ’n einde kan kom.

Tegnologies het Namibië van die grootste nywerheidslande verbygesteek nadat die regering ook onlangs aangekondig het dat hy helikopters met die koper van Tsumeb gaan bou sodra die kinders genoeg kennis oor wiskunde en wetenskap het.

Hierdie tegnologiese paradys is deel van die ewolusie van Namibië om teen die einde van tyd ’n moderne paradys te wees.

Nou bly nog net oor dat die mossies agteruit moet vlieg en die mahango self na die waters moet loop.

Wanneer dit van die grond af, soos sproeiers boontoe reën, sal ons in die Namibië wees wat die regering dink hy in is.

’n Gekkeparadys waar ons almal burgers van luilekkerland is.

– 23 Junie 1994

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A