Mense en hul stories
Die Erongo-span is hierdie week besig om inhoud te skiet vir een van ons televisieprogramme.
Een van die dae kan julle my en my kollega Precious Nghitaunapo op die kassie sien – DStv kanaal 285 en GOtv kanaal 25.
Nietemin, ons het Maandag by ’n hotel op Walvisbaai gekuier wat nou omtrent sewe maande aan die gang is. Die eienaar van die hotel is 25 jaar oud. As joernaliste sien ons onmiddellik ’n ongelooflike storie. Hoteleienaar op 25? Sjoe. Ons besluit toe dadelik om in diepte met haar te gesels.
Na die derde vraag, en dit is toe die regte vraag: “Vertel ons waar het jy skoolgegaan en het jy enige grade?” antwoord sy toe, nee, sy het net graad 10, want sy het op 17 swanger geraak.
Haar ouers het ook kort daarna vir haar gesê sy sal ongelukkig haar sakke moet pak en die huis verlaat. Sy is nou getroud met die pa van haar kinders en sy het twee seuntjies. Maar sien julle? Dink jouself net in – op 17 het sy besluit sy wil beter hê vir haarself en haar kinders, en sy strewe nog elke dag daarna. Hier is sy, ’n eienaar van ’n hotel.
Maar sien julle – ons elkeen het ’n ongelooflike storie om te vertel. Ons paadjies is al vroeg uitgelê – ons word belowe in Jeremia 29:11 dat die Here goeie planne vir ons het. Waaroor is ons so gou om te twyfel of om tou op te gooi?
Ek moet bieg, met hierdie week se bedrywighede en die komende week s’n, wil ek myself net in ’n bondeltjie rol, die foon afsit, en daar lê; dan kan ek eerder weer bietjie gaan rus om net weer die wêreld in die oë te kyk. Maar ek kan nie opgee nie.
Jy kan nie opgee nie.
So, hier is my uitdaging vir jou vir die week. Deesdae is ons so vasgenael aan ’n skerm, klein, groot, ekstra groot. Ons stuur ’n vinnige, kort “ek loer net in om te hoor hoe dit gaan” en dis dit. Ek dink eerlikwaar ons moet bietjie beter as dit doen.
Dus, die kollega wat jy al vir meer as 10 jaar ken – ken jy sy of haar storie? Het jy dalk al bietjie meer gevra as net die gewone “hoe gaan dit” en “hoe gaan dit met die familie”? Natuurlik is sekere mense toe boeke, en dit vat bietjie meer vir hulle om hul stories te vertel, maar hoe gaan ons mekaar bemoedig en daar wees vir mekaar sonder om opreg vir mekaar om te gee?
Dit is so maklik om vasgevang te word in ons eie wêreld, maar ek glo stellig ons is gemaak om op een of ander manier mekaar nodig te hê.
Ek is dankbaar dat ek mense se stories kan vertel, en ek weet ook ek is hier vir ’n rede, en jy is ook!
Kom ons wees daar vir mekaar en deel bietjie stories.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie