Met ’n skoon gewete
Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers – Sommer hier vroeg in my loopbaan as koerantman kom ’n baie ryk man eendag by my en Hannes Smith ingestap en gooi ’n groot bedrag geld voor ons op Hannes se lessenaar neer.
Hy bied ons toe ook ’n vlug na Kaapstad aan waar ons verblyf in ’n luukse hotel gereël sou word – kompleet met mooi vroue en al. . . Die man wou ons omkoop om ’n sekere storie uit die koerant te hou. Hannes het die pak geld oor die lessenaar teruggestoot, sy kop geskud en gesê dat ons nie omkoopbaar is nie.
Ek het agterna vir Hannes gevra waarom ons nie maar die aanbod aanvaar nie. So ’n stywe pakkie note in ’n ou se sak, ’n gratis naweek in die hoë wêreld van die rykes met mooi gesellinne en al, het vir my te lekker geklink.
Hy het vir my gesê, sou jy ’n loopbaan as koerantman wil maak, jy nie omkoopgeld aanvaar nie.
Nou, meer as twee dekades en verskeie aanloklike aanbiedinge later, is ek en Hannes albei nog koerantmanne en ek weet ek werk saam met ander koerantmanne wat ook nie omgekoop kan word nie.
Groot Hennie Brink was ’n goeie vriend van my. Hy was ’n rustige persoon uit wie se mond ek in al die jare wat ek hom geken het, nooit ’n harde woord hoor kom het nie. Dit was Hennie se grootste plesier om vir vriende kos voor te berei en die lekkerste wors wat ek nog geproe het, was deur Hennie Brink gemaak. Die lekkerste braaivleis wat ek nog geëet het, was ook deur Hennie op die kole gegooi.
Nou weet ek ook in watter versoeking Hennie al as hoof van die polisie se Diamanttak gestel was.
Ek weet van ’n geval waar smokkelaars hom nagenoeg ’n miljoen dollars aangebied het om anderpad te kyk. Hy was in die posisie om die geld te neem en geen haan sou ooit daaroor gekraai het nie.
Toe ek later daar by ons gewone bymekaarkomplek langs die groot man se skouer inskuif, vra ek hom waarom hy nie die geld gevat het nie. Ek het hom geken as ’n man wat lief vir die buitelewe was en hy kon met daardie bedrag mos vir hom ’n pragplaas gekoop het.
Hennie het so skuins langs sy groot snor na my afgeloer en gesê: “Gena, ek lê my kop nog my lewe lank saans op die kussing neer met ’n skoon gewete.”
Hennie Brink is vandag nie meer met ons nie. Hy is dood terwyl hy sy plig nagekom het.
Hy staan nie meer saam met ons om die kole met ’n bier in die een hand en ’n braaivurk in die ander nie. Hy gesels nie meer saam met ons oor krieket en rugby nie.
Sy afwesigheid word diep gevoel deur sy kollegas en vriende. Hennie het sy kop vir die laaste keer op die kussings neergelê en ek weet dat hy dit met ’n skoon gewete gedoen het. – 22 Februarie 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie