Kristien Kruger
Kristien Kruger

Michael Scott is in die kantoor. . .

Kristien Kruger
The Office is een van my gunsteling-sepies – die Amerikaanse weergawe, natuurlik. Ek geniet die choas, maligheid, humor en verskillende karakters.

Die lagwekkende Michael Scott is in werklikheid net ’n 12-jarige seuntjie wat in beheer is van ’n kantoor. Jim en Pam is dalk die enigste kantoor-romanse in die geskiedenis met ’n gelukkige einde. Dit realiteit is meer soos die verhouding tussen Kelly en Ryan of selfs die liefdesdriehoek tussen Angela, Andy en Dwight.

Ek het wel nooit gedink my eie werksplek sal soveel in gemeen hê met die sepie nie, maar in ’n groot kantoor met so baie werknemers, is die kanse seker groot dat ’n paar van dieselfde karaktereienskappe hul kop sal uitsteek. Ons kantooromgewing is gelukkig sonder al die choas en drama – die meeste van die tyd.

Ek is seker daar is talle mense wat soms van agter hulle rekenaars loer en The Office-karakters raaksien. Elke kantoor het waarskynlik ’n Meredith wat nie aldag geskikte klere vir ’n kantooropset aantrek nie. Dalk ’n slimjan soos Oscar of ’n luiaard soos Stanley. Of selfs ’n leëkop soos Kevin of ’n kreatuur soos Creed.

Ek wens eintlik meer HR-personeel was soos Toby. Hoewel hy nie enigiemand se gunsteling-karakter in die sepie is nie, het hy wel sy bes probeer, maar met ’n baas soos Michael kon dit natuurlik nie ’n maklike taak wees nie.

Kelly is beslis ’n karakter wat in meeste kantore haar verskyning maak – iemand wat bietjie te veel hou van skinder en mal is oor enige ekstra aandag. Haar verhouding met Ryan is ook ’n tipiese toksiese verhouding tussen kollegas.

Elke kantoor het ’n Phyllis, ’n liefdevolle mamma-figuur, maar ongelukkig ook ’n Angela, ’n totale feeks.

Meeste kantore het seker ook ’n Jim – iemand wat eintlik die baas behoort te wees en uiteraard te goed is vir die werk wat hy/sy doen.

Ek weet darem nie of ek ’n kantoor met Michael Scott sal oorleef nie – oomblikke van die “Dinner party”-episode flits deur my gedagtes, of “Parkour” en “Classy Santa”. Of die ergste van alles die episode van “Scott’s Tots”.

Ons kantore het hopelik nie Kerspartytjies wat skeefloop met ’n vroue-Kersvader of ’n iPod as deel van die “Yankee swap” nie.

Ons het hopelik geen brandoefening met die opwinding wat Dwight veroorsaak het nie. Of die skelm kafoefel in die stoorkamer nie. Ek is wel oortuig daarvan dat elke kantoor sy eie maligheid het – dit is onvermydelik in ’n ruimte met soveel verskillende persoonlikhede.

Die opwinding in ons kantore is dalk minder, maar dis nie aldag ’n slegte ding nie. Dalk kweek dit ’n nuwe waardering vir jou werkgewer en kollegas.

Dalk sien jy die ooreenkomste tussen die karakters en die mense rondom jou. As jy egter van die huis af werk, is jy in die moeilikheid. – [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!