1 Andrew SMN
1 Andrew SMN

Missie in Frankryk sal die volle waarheid ontbloot

Andrew Poolman
Die spanning laai stelselmatig op vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk, waar Namibië opnuut ’n geleentheid het om ongekende publisiteit vir die land te verwerf.

Daar is min platforms wat die aandag so skerp vestig op een van van die spansporte waarvoor Namibië die meeste bekendheid en respek wêreldwyd verwerf het.

Jan Publiek se verwagtinge is dat die Welwitschias (soos die res van die wêreld ons span sal noem, vandat ons klaarblyklik besluit het om nie meer noodwendig aan die naam Biltongboere te byt nie) vanjaar die beste vertoning nóg gaan lewer in sy sewende verskyning by die toernooi.

Statisties word dié verwagtinge tot ’n mate ondersteun, want in elke toernooi sover, sedert 1999 en veral ná die laagtepunt van die ongelukkige 2003-toernooi in Australië, het die Namibiese span elke keer beter gevaar. Meer punte is aangeteken en minder punte is afgestaan en die algehele kurwe wys mos opwaarts.

Die twee middelste groepwedstryde, teen Nieu-Seeland se All Blacks en die Franse Hane, is straks ’n oormag wat niemand reken die Namibiërs te bowe gaan kom nie.

Vir die openingswedstryd teen Italië op 9 September sal seker ook net die mees optimistiese ondersteuners enige hoop hê. Italië is ewe veel as die twee grotes in ’n swaarder gewigsklas en Namibië sal ’n foutlose vertoning moet lewer indien hy enige kans wil staan.

Hoop kan straks gebaseer word op aanduiders soos dat Namibië vier jaar gelede drie drieë gedruk het toe hulle openingswedstryd in Japan ook teen die Italianers was.

Namibië se twee vorige suksesse in Windhoek in 1991 was ’n leeftyd gelede en sedertdien was daar darem twee kere dat Namibië internasionale wedstryde (sonder toetsstatus) teen die Italiaanse A-span behaal het. Dit was naamlik in die Wêreldrugby Nasiebekertoernooie van 2016 (in Boekarest, Roemenië, met 38-26) en die volgende jaar in Montevideo, Uruguay, met 38-22. Beide was onder afrigterskap van Phil Davies en met Renaldo Bothma as kaptein.

Afrigter Allister Coetzee en sy medetoerlede sal vir die ganse toernooi hul kaarte reg moet speel, ten einde vir wedstryd nommer 4 maksimaal te kan presteer vir die kans om Uruguay se geskiedkundige beter vertoningslys teen Namibië te bowe te kom. Maklik gaan daardie wedstryd sowaar nie wees nie.

Die hoogte- en laagtepunte tot daardie dag sal Namibiërs gewis aan die gons hou en namate die sterk- en swak punte blootgelê word, sal opnuut besin word oor elke aspek van rugby in die land; oor wat ons te doen staan om die volgende geslag brekers voor te berei vir hierdie uitsonderlike geleentheid om vir die span, die nasie en elke individu ’n betekenisvolle hupstoot in profiel te gee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!