ons taal
ons taal

Mobiele taal

Ons taal
Het jy dit al oorgekom dat jy in die winkel stap en dan glimlag ‘n vreemdeling uit die bloute vir jou? (Op hierdie punt moet ek net eers my gedagtegang onderbreek om onomwonne te verklaar dat ek so bly is ons is ontslae van die nare maskers wat ons Namibiërs beroof het van die geleentheeid om mekaar se natuurlike vriendelikheid te geniet.) Wel, een rede vir so ‘n onbewuste langdurige glimlag is die lekkerte van ‘n elektriese motorkar. Die stygende brandstofprys wurg jou nie. Daar is nie ‘n harde dreuning wat jou noop om ekstra hard te moet praat met diegene wat agter sit nie. En jy voel asof jy sweef, selfs nadat jy die omgewingsvriendelike wa sagkens afgeskakel het. My dogter noem my van kleins af Mys, en daarom verwys sy spelenderwys na my nuwe ryding as die muismobiel. Ook omdat hy muisstil voortbeweeg, en in trurat piep! Die enigste uitdaging is die battery wat gelaai moet word. So, jy moet maar so nou en dan ‘n ogie op die skerm hou om seker te maak dat jy weer betyds by ‘n laaiplek uitkom. Dit kan nogal aan die senuwees knaag, maar sodra jy eers jou roetes ken, is dit darem nie nodig om te ly aan strekkingstres of afstandsangs nie. Daar is ‘n laaistasie onder in ‘n groot winkelsentrum wat binne ‘n kwartiertjie die motormagie versadig. Manlief verwys sommer na dié plek as die goulaai. ‘n Nuwe avontuur en siedaar, sommer ‘n klomp nuwe woordlekkertes ook. Ons taal mag maar!

Petronella Genis

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!