Model, aktrise, stoeivegter en ‘slay queen’
As ek dit nie voorheen geweet het nie, kan ek nou met die sekerheid van ’n man wat weet dat hy verkeerd is sê dat die lewe van 'n 'slay queen' nie vir my is nie. Nadat ’n paar skemerkelkies saam met ’n vriendin ontaard het in meer vrae as vreemde mans wat my daardie aand op Instagram begin volg het, kan ek met gerustheid hierdie moontlikheid uitskakel.
My liewe vriendin is eintlik nie ’n 'slay queen' nie, maar sy is mooi en sy is deeglik bewus daarvan omdat daar g'n tekort is aan mans wat haar daarvan herinner nie. Juis daarom was dit vir haar ’n geleentheid toe ’n groep mans by die restaurant instap en die een vir haar glimlag. Sy glimlag terug en ek aanvaar dat hulle mekaar van iewers ken - as dit maar net so was.
Kort voor lank word daar in my oor gefluister dat ek net moet glimlag en vleiend wees dan word die koste van ons drankies iemand anders se probleem. Hiér wil ek protesteer - ek was nog nooit iemand wat vleiend kon wees as ek nie wou nie en buitendien, ek kan mos ons rekening betaal. My woorde was skaars koud, toe sit ons by die tafel langsaan en ek probeer my bes om voor te gee.
Toe sy in my oor fluister en aan my verduidelik dat hierdie soos ’n teaterstuk is en ek net ’n rol moet speel, besef ek dat ek dit nooit sou maak as ’n aktrise nie. Nugter was ’n glas wyn gelede en ek soek net aartappels - gebak, gebraai, gerooster, in ’n slaai - dit maak nie saak nie. Kry my net hier weg.
My vriendin kry my toe later weg ... na ’n ander tafel met nog mense wat ek nie ken nie. Die een probeer by my vlerksleep, maar ek wil net hier uit. Die vertrek voel te klein, maar soos ’n planeet op sy eie. Ek bid vir ’n maantuig om my te kom haal. Liewe vriendin belowe dat ons na hierdie drankie sal ontsnap. As daar ’n wêreldrekord was vir hoe vinnig iemand ’n blikkie Coke kon slurp, is hy nou myne.
Ná my koeldrank gaan soek ek my vriendin, want dit is mos nou tyd om te gaan. Sy is by nog ’n tafel en ek maak my maar daar tuis tot sy haar gesprek kan klaarmaak. Sy noem vir die man aan die tafel ek hou van Formule 1. Uiteindelik ’n gesprek wat ek kan geniet! Ons twee trek los met die verwagtinge vir die seisoen en voor ek my oë kon uitvee, is my vriendin skoonveld. Ek begin die plek deursoek en keer uiteindelik terug na die hoofvertrek van die restaurant. My geselsmaat is iewers in ’n hoek besig om met iemand te dans - nou is ons kans! Die kans word uiteindelik gevat nadat my vriendin eers geselsies met al die kelners én kroegkelners in die restaurant ’n geselsie aangeknoop het.
Ek soek beslis nog my aartappels, maar soek ek dalk my bed ’n bietjie meer? Aartappels, dan bed toe, besluit ek toe ’n man voor ons verby. ’n Oomblik later vra hy ons moet vir hom verduidelik waar die hof is. Ek wys my vinger na die gebou en verduidelik stap-vir-stap hoe om daar te kom.
"Julle kan vir my kom wys," sê hy terwyl hy begin om in die donkerte in te verdwyn. Ons kan, maar ons gaan nie, dink ek terwyl my vriendin skram om van my los te kom. Ek was reeds ’n aktrise vanaand, nou word ek sommer stoeivegter om haar by my te hou. Ek sleep haar met baie gesukkel om die hoek sodat ek my aartappels kan gaan kry.
Uiteindelik veilig tuis gaan die aartappels vinniger af as vroeër se blikkie koeldrank. Toe ek inkruip, dink ek by myself - vanaand was nou wragtag net skemerkelkies en aartappels met ekstra stappe. Spaar my maar in die vervolg die moeite.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie