Modesirkels – ’n dans deur dekades
Ek Sê Maar Net
Die enigste manier om werklik voor te wees, is om te weet hoe ver agter om te wees.
Hierdie naweek het ek dit uit my huis uit gemaak en soos baie mense, het ek in ’n winkelsentrum beland. Hier het ’n verkoopsdame vir my ’n fotodrukker gedemonstreer wat jy in jou huis kan hou – en ek kan nie ophou dink aan die feit dat ek gedink het foto’s is uit die mode nie.
Ons stuur mos maar nou en dan ’n foto per WhatsApp vir ouma aan en hoop dit hou die verlange weg.
‘Oukei, maar die 90’er jare is weer terug,’ dink ek by myself terwyl die pienk drukmasjientjie sy woergeluide maak en die verkoopsdame ’n produk aan my verduidelik wat ek baie graag wil hê, maar nie wil koop nie.
Die arme masjien sal ná die eerste twee keer se werk in elk geval aftree – en vroeg aftree is die lewe wat ek eerder vir myself wil hê.
Ek kan nie heeltemal verstaan hoekom ons nou weer praat van ‘low rise’ broeke asof hulle weer in die mode gaan wees nie, maar dit maak my bang. Weet jy wat kom ná die goue 90’er jare? Daardie 10 jaar toe die wêreld nie geëindig het nie, maar ons sin vir styl wel het.
Een gier waaroor ek oneindig bly is, is die feit dat boeklees nou weer sy weg terug vind. Regte egte boeke wat jy kan vashou en in skryf en kan laat val sonder om die kraak van ’n skerm te hoor.
Boeklees was eens totaal en al as verouderd afgekraak, maar toe e-boeke ’n verskyning maak, het die mensdom nostalgies geraak vir die reuk van ink op papier, of die oomblik waar jy kan sien jy is omtrent halfpad deur jou boek.
Klassiek gaan nooit uit die mode uit nie. Ek is baie trots op my klein, klassieke swart handsak, en dit sê ek ook vir my stiefma toe ons ’n dame met ’n ‘Fairybag’ raakloop. Hierdie ‘Fairybag’ is sonder twyfel ’n namaaksel van ’n Fenn-handsak wat nou hoogs mode is waarvoor hierdie dame waarskynlik dieselfde betaal het as my klassieke swart Woolies handsak.
En eintlik herinner ’n regte Fenn-sak en ’n nagemaakte ‘Fairybag’ my eintlik maar aan die oorgroot strandsakke wat my generasie se ma’s alewig halfvol sonskermbotteltjies gegooi het. Dis nie regtig nuut nie, dit is oud met ’n strikkie op sodat dit as ’n nuwe idee aan die wêreld gegee kan word.
My ma het altyd vir my gesê die ekonomie is ’n groot rolspeler in mode en ek is weer hieraan herinner toe ek onlangs ’n dokumentêr kyk oor Juicy Couture – die handelsnaam wat ’n dekade of twee gelede Amerikaanse celebs (en dus jong vroue) soos Teletubbies laat lyk het en dit mode genoem het.
Hierdie maatskappy het in ’n tyd van ekonomiese druk gesien dat vroue luukse klere vir alledaagse drag wou hê en het dus velvetsweetpakke gemaak en ’n paar blink goedjies opgeplak. Só het Juicy Couture gegaan van ’n paar vroue op soek na die perfekte T-hemp na miljoenêrs en mode-ikone. Jy onthou waarskynlik nog die woord ‘juicy’ op ’n paar mense se stewe – dit is Juicy Couture.
In hierdie film verduidelik ’n mode-ekonoom (ja, dis werklik ’n ding) dat Juicy waarskynlik ’n kans het om weer sy eienaars ryk te maak noudat die finansies druk ná die pandemie, en dus kan Juicy voortleef om nog ’n generasie te traumatiseer.
Ek sê weer, die enigste manier om voor te wees is om te weet hoe ver agter om te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie