Moenie vir KI sê nie
Dit is die tweede koms van KI – die Verenigde Arabiese Emirate het ’n minister van kunsmatige intelligensie (KI) aangestel en in die Verenigde Koninkryk sal ’n KI-kandidaat se naam binnekort by die stembus verskyn.
En hoe meer KI ons wêreld binnedring, hoe meer vrees ons dit, maar is hierdie vrees ’n vrees vir die onbekende of dit wat werklik op ons wag?
Die meeste mense wat bang is vir KI in sy huidige vorm, is waarskynlik bang omdat hulle nie behoorlik verstaan wat KI is nie. KI is ’n vorm van tegnologie wat inligting uit verskeie bronne bymekaar kan bring.
KI kan niks opmaak wat nie bestaan nie en dit kan nie leer uit inligting wat nie daar is nie. KI kan slegs bestaande inligting in nuwe maniere bymekaar voeg.
Die probleem met KI is dat dit van die internet leer – insluitend sosiale media. Hoekom dit vir ons ’n probleem kan wees, is omdat KI alles letterlik opneem tot iemand sê dit moet nie.
Dit beteken dat ’n twiet wat sê “I would kill for a burger” leer KI dat lekker kos ’n geldige rede is om te moor.
ChatGPT reageer op my vraag oor KI se vermoë om sarkasme op te spoor dat KI nog leer hoe om dit te doen. . . ek ook, KI, ek ook.
Wanneer ons verstaan dat KI slegs reageer op inligting wat bestaan en die opdrag wat dit gegee word, word dit makliker om te verstaan dat KI waarskynlik nie die mensdom se bloedige einde sal beteken nie. . . tensy iemand vir hom sê om dit te doen.
Op dieselfde manier wat ’n kombuismes een van die belangrikste dinge in enige kombuis is, maar steeds as ’n wapen gebruik kan word, moet KI net uit die verkeerde hande bly.
Die probleem is dat ’n kombuismes in meeste winkels te koop is waar jy ’n blok kaas kan kry en dat enige Jan Rap en sy maat een in die hande kan kry vir sy eie doeleindes.
Dit is ook die probleem met KI – ons kan nie iemand van KI weghou omdat ons dink hulle mag dit dalk misbruik nie. Elkeen van ons het die mag om KI te misbruik, maar die minderheid van ons sal.
Dit is hoekom dit belangrik is vir ons om KI vooruit te gaan – nie om dit te keer nie, maar om al die gate toe te stop en die los drade uit sy pad te verwyder. Ons moet verstaan hoe KI werk om dit te kan keer en ons moet doodseker maak dat ons stelsels en prosedures in plek het om dit te keer.
’n Misdadiger met ’n kombuismes in die hand kan net soveel skade aanrig, maar met KI is die potensiaal vir skade soveel groter. Met die druk van ’n paar knoppies kan derduisende mense slagoffers word en as kritieke infrastruktuur geteiken word, kan dit ’n land se sleutelsektore op hul knieë bring.
KI is tot ’n mate, nes die internet, soos ’n vampier – dit kom klop en jy moet dit innooi voor enige skade aangerig kan word. Bemagtig jouself deur te leer wat om vir jouself te hou en hoe KI se gedagtes werk. Die tegnologie gaan ongetwyfeld een of twee van ons se denke vooruit loop, maar as jy nie vir KI sê om te moor nie, sal hy nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie