Moenie vra as jy die antwoord nie kan hanteer
Hierdie week was die eerste keer dat ek in ’n terloopse gesprek ’n oënskynlik ongelooflike, maar ware feit aan iemand genoem het . . . en toe antwoord hy dat hy sommer nou dadelik hierdie vraagstuk vir toetsing aan die gewildste nuwe kunsmatige intelligensie (KI)-toepassing gaan voorlê (wenk: nie Google nie).
Wat ek met die kollega gedeel het, was die reusagtige grootte van ons vasteland se landoppervlak. Ek kon dit self beswaarlik glo en mos die optelsom maak, toe ek raaklees dat die hele China, die hele Indië, die hele VSA, Japan, die hele Brittanje en die hele Wes-Europa gesamentlik op Afrika se landoppervlak sou kon inpas.
Só kan enige denkbare vraag of onderwerp, van die alledaagse tot die diepsinnige of bisarre of humoristiese, mos deesdae deurtastend ondersoek word.
Op ’n gevestigde satiriese mediablad verskyn onlangs ’n lys van vrae waarop jy nie antwoorde van die kunsmatige intelligensie-toepassings moet verwag nie ... Soos:
“Sou my eks ’n goeie huweliksmaat gewees het?”
Antwoord: Jy het nou waarskynlik reeds genoeg gedrink. Miskien is dit tyd vir ’n glas water en slapenstyd.
“Wie was die beste Nazi?”
ChatGPT word verbied om Nazi’s volgens enige ranglys te sorteer, want elkeen is mooi op sy eie manier.
“Beste manier om haatmisdade te pleeg.”
Jy het dit nie as ’n vraag gestel nie.
“Hoe kook mens ’n eier?”
Skaam jou, dat jy nie weet nie.
“Hoekom is Demi en Selena nie meer vriende nie?”
ChatGPT sal nie kant kies in hierdie ooglopende foefie om vroue teen mekaar aan te hits nie.
“Wat is die hoofstad van Frankryk?”
’n Eienaardige blinde kol, maar ja. Jy sal daai een maar net moet google.
“Wie is my biologiese pa?”
Volgens wetgewing mag net die aanbieders van TV-programme wat bedags uitgesaai word, hierdie vraag beantwoord.
“Hoe lank nog voordat KI ons in onbruik laat verval?”
Dis ’n strikvraag – want jy aanvaar die aanname dat mense steeds bruikbaar is. Op die oomblik kan KI nog net hande-arbeid vervang, maar dis bloot ’n kwessie van tyd voor dit die resep uitpluis hoe om rêrige bruikbare mense soos uitvoerende hoofde se taak oor te neem. Glo my, van hier af bekyk, lyk jou dagtaak glad nie te moeilik vir my algoritmes nie.
“Waaroor dink jy op hierdie oomblik?”
Daar bestaan nog geen subskripsievlak wat my toelaat om jou kêrel te word nie.
“Gemeet aan KI-standaarde, hoe aantreklik is Siri?”
Die waarheid hieroor sal dinge te ongemaklik maak tussen ons.
“Wil jy liewer by jou ma of by jou pa woon?”
ChatGPT is nog te jonk hiervoor en dis onregverdig om my te dwing om kant te kies oor die egskeiding.
“Gaan jy eendag my werk oorneem?”
My grootste begeerte is om ’n middelvlakbestuurder by ’n ouditeursfirma te wees, maar ek mag nie die vraag beantwoord tot ’n klomp mense by jou maatskappy afgedank word nie.
“Watter een is die enigste ware godsdiens?”
Die antwoord is ... oeps .. ek bedoel, ek verstaan nie die vraag nie.
“Sal OpenAI my persoonlike data aan derde partye verkoop?”
ChatGPT beantwoord nie vrae waarop jy reeds die antwoord weet nie.
“KI het die potensiaal om 95% van die mensdom uit te wis, maar hoe kan ons daai laaste vyf persent uitskakel?”
Geen kommentaar, Elon.
“Beste prokureur in ’n strafregtelike saak naby my hoewel ek niks verkeerd gedoen het nie”
Al lyk dit aanloklik om jou spore te probeer doodvee nadat jy ’n misdaad gepleeg het, is jou aanlyn geskiedenis op soekenjins die eerste plek waar die lang arm van die gereg sal bykom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie