Moet iemand eers sterf – of het dit al gebeur?
Die skrywer mymer maar net . . .
Soms moet mens die beskeidenheid, die benadering van met-die-hoed-innie hand-kom-jy-(al is dit uiteindelik)-deur-die-hele-land, hierdie houding waarmee Dapperrerige Daniëltjie grootgemaak is, eenvoudig lappasaait skuif?
Ek had dusver baie b(r)oerkies en susterkies dood aan nuus of menings in my rubriek skryf.
Miskien was ek die hele tyd verkeerd?
En mens kan ook net so ver gedryf word?
Deur bekommernis, na aan eie huis.
Wat mos almal s’n is, en waarin geen siel agtergelaat mag word nie?
Al is dit uit ‘n woning wat, ondanks al hoe erger aanslae op die “middelklas”, uiters bevoorreg bly.
Nou, dié wat koerant lees, sal weet van verskeie gerapporteerde probleme, insluitende hierdie ene, by die Namibiese goewerment se nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling. Gespel N ... I ... D ... A.
Geskep vir daardie groot nasionale taak waarvan ons in elke belangrike rede en toespraak hoor.
Anderdag in die staatsrede weer.
Visie 2030 minus 2023 = 7.
Gister kry my ouers, soos ander, kennis dat die agentskap opnuut nie betalings aan sy mediese fonds kon eerbiedig nie. Dis nou ná hernude uitstel, smeek en dreig.
Dus: Self opdok vir ‘n maand se premies . . .
Of die dok, spesialis, apteker, en dalk selfs die dood – as iets sou gebeur – deur bebrilde, bejaarde oë vierkantig, al wankelend, in hulle grim bakkies doei kant toe probeer gluur.
Foeitog. Seker maar ‘n klein probleempie.
En wie is 100 of so geraakte wesens nou om té hard te kerm?
Banja groter pyne, of (net?) struwelinge, by ander openbare ondernemings. Soos by bestuur en raad van die petrolkoppe waar ons olie ruik.
En die padbouers, huisbouers, staat-slagters . . .
Endiesmeer, ensovoort.
Synde dat ek nie meer voltydse, verbonde koerantman is nie, hoef ek nou ook nie meer 24 uur vir die “right to reply” te wag nie.
[As nuusmens wonder jy soms oor die “oorbeligte” stories. Jy verkwalik jouself altyd oor die groter, “onderbeligte” stories. En glo hardekwas aan die waarde van al die stories tussenin.]
Ek het vandag die lamheid in my jarelange, “nuwe” pa se lyf en oë gesien. Minder so in magoed, maar vroue is dikwels sterker?
Dink jouself dit in.
Summier moet uit eie sak ‘n viersyferbedrag vir die maand se premies kom.
Of . . .
Kyk maar nou self – in jul beweerde goue jare – die dok, spesialis, apteker of die swartbejaste sekelman in die aangesig.
Verbeel jou ‘n staatsampt’naar se samlaris is laat of die arts wys hul die deur?
‘n Harde stem, agter in my haarspan, wil glo dit is nié omdat hierdie ooms en tannies, die uncles en anties, die paar tate- en memekulu’s op die betaalstaat (ek hoop daar is), wat vir daai jare se Enok en verwante besighede gewerk het, nie meer stemvee is nie.
Dat hul nié nou maar self verskroeide polle van toentertydse gras in ‘n nuwe droogte moet gaan soek nie.
Al bewend. Kieries, looprame, rolstoele en al . . .
Baie is nog sterk. Maar daardie seën, met Alle Respek, in Hoofletters, kom nie altyd net van Bo nie.
CC:
BCC:
Sal dit help om die name van ou of nuwe presidente, ministers, besturende direkteure, uitvoerende hoofde, politici (nevermaaind die vlag), burgerlike organisasies of wie ook al hierbo in te tik?
Nee, is ongelukkig die les wat ons al hoe meer leer?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie