Moet my nie ‘tannie’ nie!
Dis ֹ’n vreemde gewaarwording, om by ’n skoolkonsert te staan en te besef jy is nie meer die kind op die verhoog nie, maar die ouer wat kom kyk.
Dis ’n skok, eintlik, want jy onthou jouself en jou revue-liedjies op daai verhoog – nog soos gister.
Net soos Jakaryntjie het ek ook – eerste ding op die verhoog – gekyk of ek my ma en pa kan raaksien. In die proses vergeet sy amper haar danspassies, want eerste dinge kom eerste as jy nog kind is. En die opheldering van die gesiggie as jy waai.
Skielik is ek ’n thirty-something wat aanstoot neem as matriekkinders of selfs twintigjariges my wil “tannie”. Dis mos goeie maniere, om iemand anders baie oud te laat voel. Dankie, né!
Ek is nog steeds nie reg daarvoor om ’n grootmens te wees nie, maar skielik dink almal ek is oud genoeg om ’n hoop verantwoordelikhede op my skoot te plaas. Dis dan wanneer die angs my vang – kan ek ooit hierdie dinge doen, weet hulle ek is eintlik nog maar net ’n kind in my hart?!
Weet hulle ek weet dat ouderdom net ’n nommer is? Maar jy maak soos Madagaskar se pikkewyne – jy glimlag en waai, glimlag en laat waai. Jy kry die simpel begeerte om te bewys jy is ’n grootmens, noudat dit van jou verwag word.
Die volgende oomblik tannie ’n 21-jarige jou weer en dan het jy weer die simpel begeerte om te bewys dat jy darem nie só oud is nie. Jy klim sommer boom of sonder hande agterop ’n bakkie.
Halfpad deur die opklim, haak jou broek vas en jy moet briek of dis neus-eerste in die spaarwiel in. Dis ook dan wanneer jy rondkyk as manlief skielik proes-hoes – as hy dit darem waag om te lag! Die dae van soos ’n ribbok rats in ’n boom opklim of agterop ’n bakkie wip is nie heeltemal verby nie. Miskien moet ek net meer gaan draf.
Jy betaal skielik skoolgeld, pak kosblikke, was wasgoed en hou huis vir kinders wat nooit, ooit ophou omkrap nie. Middeljarig?! Jy wil dit nie hoor nie! Midlife crisis? Jy weet jy het dit. Maar sharrup daaroor, oukei?
Dis ’n penarie. Jy word jou ma en pa, jy praat skielik soos hulle en dink soos hulle en hoor jouself – want jy klink soos hulle: Hou op, moenie, stop dit, jy gaan val, ek praat nie weer nie, het jy seergekry, toemaar. Herhaal so duisend keer ’n dag. Elke dag. En jy verstaan skielik alles wat jou ouers vir jou as kind vertel het – soos dat dit hulle seerder maak as vir my om my te straf – want jy het iewers langs die pad hulle geword.
Tussen die gru-ontdekkings van jou eerste gryshare en blywende lagplooitjies langs die oë, begin jy daaroor wonder hoe dit is om oud te raak, want tot dusver het jy nog net daarop gefokus om groot te word. Noudat jy groot is, wat nou?
Nietemin, ek weet elke dag en elke nuwe lewensjaar is ’n seën van bo. Ek ontvang dit dankbaar en ek pak hierdie middeljare ook so aan – dis ’n avontuur en ’n voorreg dat jy en jou geliefdes nog vir jou gespaar kan word.
So tannie my maar, né! Julle beurt kom!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie