Musiek is ’n taal wat nooit sal uitsterf
Ek weet nie van julle nie, maar as ek ’n moeilike dag gehad het of my emosies is deurmekaar, dan luister ek musiek.
Ek het nogal ’n wye musieksmaak, vanaf die jare 60’s tot Linkin Park. Dit hang nou net van my bui af watter een ek kliphard sal luister.
“Musiek spreek met emosies wat woorde alleen nie kan uitdruk nie. Omdat musiek nie aan ʼn taal gebonde is nie, kan dit met alle mense praat. Dwarsdeur ons lewe behou musiek vir ons hierdie funksie: dit troos en laaf en inspireer ons.” (RH Terry)
Ek het al in vorige rubrieke geskryf dat musiek my aan die gang hou, my motiveer, my gemoedstoestand verbeter.
Wat ook al jou gemoedstoestand is, daar sal altyd ʼn deuntjie of liedjie wees wat jou hartseer sal maak, jou laat verlang, of jou laat glimlag. ʼn Spesifieke liedjie of deuntjie herinner jou aan ʼn spesifieke plek, gebeurtenis of persoon en herroep verskeie herinneringe.
Selfs al voel jy moedeloos, verbeter jou gemoedstoestand wanneer jy na jou gunstelingmusiek luister.
Volgens Google het musiek baie voordele, en ek kan volkome daarmee saamstem.
Musiek motiveer ʼn mens en terselfdertyd help dit jou met gewigsverlies, om fiks te bly en om jou algemene welstand te verbeter.
Wanneer jy na musiek luister wat jy geniet, verlaag dit die kortisolvlakke in jou liggaam, wat die effek van chroniese spanning teenwerk. Dit stel ook die hormoon norepinefrien vry wat ’n gevoel van welbehae gee.
Navorsingsresultate toon dat die kombinasie van sagte beligting en strelende musiek maak dat jy minder eet en terselfdertyd jou kos meer geniet.
Navorsers glo ook dat jy vir minstens ʼn uur voor jy gaan slaap na klassieke of enige ontspannende musiek moet luister. Dit sal jou beter laat slaap. Ek ken mense met slaapprobleme wat dalk dié raad kan volg.
As jy na musiek luister terwyl jy bestuur, verbeter dit ook jou gemoedstoestand sodat jy veiliger bestuur en minder geneig tot padwoede sal wees.
Volwassenes en kinders wat na musiek luister terwyl hulle studeer, memoriseer en herroep inligting makliker. Ek onthou toe ek nog op skool was, was Depeche Mode my gunstelinggroep. Tot my familie se misnoeë, het ek daarmee geleer. Al wat hulle aan die ander kant van die muur kon hoor, was doef-doef-doef. My oudste suster het hulle na Depression Mode herdoop.
Navorsingsresultate toon ook ’n 90% verbetering in verbale intelligensieverbetering by kinders tussen vier en ses jaar ná slegs een maand se musieklesse waartydens hulle meer oor ritme, toonhoogte, melodie en stemtoon geleer het.
Daar bestaan nog onsekerheid oor hoe dit werk, maar navorsing het getoon dat mense wat chroniese pyn het, verligting ervaar het deur na musiek te luister.
Musiek bevorder ook sosialisering. Dink ons almal sal daarmee saamstem.
“Without music, life would be a mistake.” (Friedrich Nietzsche)
Lank lewe musiek. Dis ʼn taal wat nooit sal uitsterf nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie