Musiek vir rekenaarspeletjies speel nie rond nie
In 2011 het die liedjie Baba Yetu, geskryf deur Cristopher Tin en opgetree deur die Soweto-kerkkoor, ’n Grammy-toekenning gewen.
Dit was die eerste keer ooit dat ’n liedjie wat vir ’n rekenaarspeletjie geskryf is so ’n toekenning ontvang.
In 2013 is die klankbaan van die speletjie Journey genomineer vir die Grammy vir beste klankbaan in visuele media, maar het nie gewen nie. Dan weer in 2022 is die Grammy vir beste verwerking, instrumentaal of a capella deur Charlie Rosen en Jake Silverman gewen vir hulle weergawe van die liedjie “Meta Knight’s Revenge” uit die speletjie Kirby Super Star.
Teen die tyd het die organiseerders van die Grammys besef dat daar belangstelling is in rekenaarspeletjiemusiek. Daarom het hulle besluit om ’n nuwe kategorie by die Grammy-toekenning te voeg spesifiek vir rekenaarspeletjiemusiek – die Grammy vir die beste klankbaan in ’n rekenaarspeletjie.
Wat ek regtig probeer sê met al hierdie agtergrondinligting is dat musiek in rekenaarspeletjies regtig goed is en verdien om net so hoog geag te word as wat musiek in flieks gedoen word.
Daar is ’n neiging om na rekenaarspeletjies te kyk as net aandagafleibare gemors wat jongmense aan hulle skerms vasgom. Dit kan beslis waar wees, maar presies dieselfde probleem kan gevind word in flieks, Netflix-reekse of selfs net gewone YouTube-video’s.
Ek is egter nie hier om rekenaarspeletjies te verdedig nie, ek is hier om te vertel van die reuse-impak wat die musiek op die ervaring van ’n speler kan hê.
Net soos die musiek in die fliek die toon aangee en die atmosfeer verryk – dink byvoorbeeld aan die spannende musiek voor die aksie begin – so word musiek ook in rekenaarspeletjies gebruik om ’n storie te vertel.
Ek wil vertel van die een instrumentale liedjie “Sealed Vessel” in die speletjie Hollow Knight wat deur die hele speletjie as die laaste geveg van die speletjies geïmpliseer word.
Dié karakter se werk is om die invloed van ’n ander wese te onderdruk, maar oor die jare het hy so verswak dat hy dit nie meer kan beheer nie (ek verstaan dis nie iets waarin almal sal belangstel nie, maar hou net nog so klein bietjie uit).
Die geveg begin met spannende musiek wat opbou tot dit in volle aksie ontplof. Die musiek vertel die speler dat dit die hoogtepunt van die speletjie is. Tot ’n mens halfpad deur die geveg is.
Hier besef die Sealed Vessel dat hy onder die beheer van die ander wese is, en nie eintlik teen jou wil veg nie. As ’n laaste moontlike uitweg om jou te red, steek hy homself herhaaldelik in die maag om homself te keer.
Die oomblik wanneer sy wapen hom tref, verander die musiek in drie harde deurdringende klanke wat dadelik in absolute tragedie ontaard.
Ek het eenkeer hier na ’n YouTube-video gekyk waar ’n skrywer van rekenaarspeletjiemusiek die liedjie ontleed sonder om iets van die storie te weet.
Toe hierdie deel van die musiek begin speel, het hy dit gestop en hardop gewonder: “Is dit nog ’n geveg, ek het gedog dit was, maar ek is nou nie meer seker nie.”
Sonder om ooit die speletjie te sien, het die musiek vir hom die hele storie van die geveg vertel – dis nie meer die hoogtepunt van die speletjie nie; dis eintlik nie meer ’n geveg nie. Dis nou ’n tragiese genadedood waaraan jy moet deelneem, nie omdat jy wil nie, maar omdat jy moet.
Ek weet almal stel nie hierin belang nie, maar ek wou net sê dat ek dink die musiek in rekenaarspeletjies is fantasties, en kan geniet word buite die medium waarin dit geskryf is.
Daar is ’n rede dat daar ’n kategorie vir rekenaarspeletjiemusiek by die Grammys is – dis beeldskoon en net so impakvol soos die musiek in flieks.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie