My lewe vol foute
Ek maak foute. Ek maak baie foute. Ek maak gedurig foute. Ek maak klein foute en groot foute, belangrike foute en onbelangrike foute. Ek herhaal ou foute. Ek maak nuwe foute. Ek maak doelbewuste foute en ek maak foute sonder om dit agter te kom. Ek is gewoontlik in die fout. Ek weet dit. So onbevoeg soos ek is, kom ek wel soms reg. Ek wen ook soms.
Ek oorwin soms. Dit is my lewe vol foute.
Dit is egter my enigste lewe en ek is nog altyd dankbaar daarvoor. Alhoewel ek droog maak, hou ek aan probeer. Ek wil verbeter. Ek wil leer uit my foute. Tog het ek besef dat ek myself, foute en al, maar moet aanvaar.
As ek gedurig myself blind staar teen my foute, sal ek nooit vorentoe kan vorder nie.
Ek moet eerlik wees oor my foute, veral met myself. Dit is nie ‘n fout nie. Ek moet my tekortkominge in die gesig staar.
Ek moet erken dat ek misluk. So kan ek my foute ontleed en dalk agter die kap van die byl kom. Om te sien hoe om die foute aan te spreek. As ek kan besef wat agter my foute lê kan ek some myself reg ruk. Ek kry dit soms reg om my foute reg te maak. Ten minste probeer ek oor die algemeen om nie my foute te herhaal nie.
Ek kry dit ook nie altyd reg nie. Soms word ek oorweldig deur al my foute. Soms raak ek moedeloos. Sal ek nooit reg kom nie?
Dalk.
Tog moet ek keer op keer weer opstaan en van vooraf probeer. Dit is ek aan die lewe verskuldig.
Elke oggend, wanneer die son opkom en ‘n nuwe dag begin, kry ek weereens die geleentheid om myself te verbeter.
Daar is weer hoop. Hoop bly konstant, al is dit nie altyd so maklik om op te spoor nie.
Mens sien nie altyd die hoop vir ‘n beter uitkoms nie. Dit word verduister deur al die ophoop van foute. Elke dag se mislukkings raak ‘n donker wolk oor die toekoms. Niks is verseker nie.
Die onvoorspelbaarheid van die lewe is egter die silwer randjie. Net soos dit waaroor mens oortuig is sal reg uitwerk dikwels skeef loop, so verras die lewe ‘n mens van tyd tot tyd met ‘n hopelose poging wat aan die einde van die dag mooi uitdraai. Selfs die fout wat die meeste verleentheid inhou, kan in oorwinning opeindig.
Boonop is my foute ook deel van wie ek is. Ek hou van wie ek is. Ek is dankbaar vir wie ek is. Ek is steeds vol hoop dat wie ek is die moeite werd is, vir myself en ook vir die mense wie ek lief het.
My geliefdes dink nie altyd so nie. Hulle sien soms net die foute. Hulle weet nie altyd wat ek deurmaak nie. Ek sou ook nie vra dat hulle dit moet weet nie.
Ek vra eerder slegs dat ek soms kan bydra tot hul geluk, dat ek op ‘n klein mannier kan bydra tot hul sukses.
Ek vra net vir nog een dag, vir nog een kans om weer te probeer.
Dalk die keer sal ek iets reg kry wat dit als die moeite werd maak.
Dalk die keer sal my lewe vol foute vir iemand, iewers, iets mooi kan beteken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie