No Image Caption

My seisoen is verby

Leandrea mouers
Liewe lesers, hierdie is die laaste keer wat julle hierdie gesiggie en naam in Republikein se Sê Maar Net-rubriek gaan sien.

My seisoen by Namibia Media Holdings as joernalis en as 'n nuusaanbieder by Erongo, kom op 31 Oktober tot ‘n einde.

Waar ek begin het as ‘n skolejoernalis en nou uitstap as nuusaanbiede,r spreek boekdele oor die geweldige groei wat ek beleef het en die vaardighede wat ek kon aanleer.

Die grootste les wat ek hieruit geleer het, is dat as mens weet ons presies wanneer jou seisoen by ‘n plek of selfs in ‘n verhouding tot ‘n einde gekom het, maar dan het ons die neiging steeds om vas te klou.

Prediker 3 praat van “Daar is 'n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd. Daar is 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterf, 'n tyd om te plant en 'n tyd om plante uit te trek. Daar is 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om te bou.

"Daar is 'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te rou en 'n tyd om te dans. Daar is 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om iemand te druk en te omhels en 'n tyd om iemand nie te omhels nie.

"Daar is 'n tyd om te soek en 'n tyd om iets te laat wegraak, 'n tyd om iets op te pas en 'n tyd om dit weg te gooi. Daar is 'n tyd om te skeur en 'n tyd om vas te werk, 'n tyd om stil te bly en 'n tyd om te praat. Daar is 'n tyd om lief te wees en 'n tyd om te haat, 'n tyd om oorlog te maak en 'n tyd om vrede te maak.”

Dit som mooi hierdie tyd in my lewe so mooi op.

Ek het so baie geleer, gehuil, gelag, ek ek het die interessantste mense ontmoet en die mooiste plekke gesien.

Maar dit is nou tyd vir my om my prioriteite reg te kry.

Toe ek en my kollega, Taati Niilenge, gesels het en ek haar vertel wat op my hart lê, sê sy vir my: "God gee vir ons bedieninge en ons families is ons eerste bediening".

Die Liewe Heer het my geseën met die geduldigste, mees begripvolle man en twee pragtige dogters wat hul ma nodig het, meer as wat ‘n maatskappy my as nuusaanbieder nodig het.

In my vorige Sê Maar Net het ek geskryf dat ek sukkel om 'n vrou vir my man, 'n ma vir twee kinders én 'n joernalis te wees. En in 'n poging om na almal om te sien te sien het ek die belangrikste van almal afgeskeep – myself.

So, hierdie is nou my tyd om koebaai te sê. Soos Rhivermo Williams, ‘n voormalige landdros hier op Walvisbaai wat nou haar eie fonderneming begin het, aan my gesê het: "It is time to be the CEO of my own life”.

Tot ’n volgende keer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!