’n Bietjie geduld, ou swaer
SMN 30 jaar gelede
Carina Cocklin – ’n Swaer kan ’n euwel wees net soveel as wat hy oulik kan wees.
Ek het twee en die bogenoemde geld vir albei van hulle. Veral as jy soos ek nie ’n boetie het nie.
Soms wil hulle jou beskerm soos ’n kleinsus en dit is dikwels lekker, maar net so dikwels wens jy dat hulle liewer uit jou sake wil bly en jou ’n kans gegun het om jou eie besluite te neem. Hulle is amper nes pa’s. Hulle weier ook soms om te besef dat jy nie meer die ou klein, hulpelose dogtertjie is wat hulle onthou nie.
Wel, miskien is ek soms nog hulpeloos ook net wanneer dit my pas, hoor?! Veral as ek moet skottelgoed was (jig, ek HAAT dit!) of kosmaak (die wil is daar, maar dit sukkel maar!). Dan vergeet ek weer skoon van die “women’s lib” en die hedendaagse vroue-kan-als-selfdoen-storie.
En ander kere – as hulle vergeet het om bier te koop of iets dergeliks – is jy weer mooi groot genoeg om met die motor kafee toe te ry! Maar nou ja, ons vroumense is seker ook maar só. Ons verander ook van plan nes dit ons pas. Maar ek glo vas dat dit ons voorreg is. Sonder my swaers sou ek baie armer gewees het, glo my. Ek leer dag na dag iets nuuts – van humor (ek is dikwels deel van ’n grappie) tot geduld. En oor geduld kan ons dik stukke gesels!
Volgens sekere mense is dit nou wat ek NIE het NIE. En soos dit nou maar die jongste betaam, voel ek verplig om ’n goeie poging aan te wend om myself te verontskuldig! Swaar om dit te erken, maar ek is nogal effe ongeduldig. En ek kry ten minste vyf keer per dag ’n paar “mood swings”. En natuurlik mag NET jongstes dit doen!
As sus of swaer dit doen, is sy of hy dood eenvoudig beduiweld. Ag, as ’n mens tog net meer geduldig kon wees. Ek het darem nog die verskoning dat ek lerse bloed in my are het, maar dis ook eintlik ’n ou verskoning. Soms help dit nogal om op my tande te byt, maar my tandarts is nie so mal oor dié idee nie! Maar ons raak mos altyd gerus en dink dat die duiwel ’n braai iewers aanhet en dat hy skoon van ons vergeet het! En dis juis dan wat hy ons steek waar dit séér maak!
Wees dus maar lugtig vir die duiwel – en vir swaers! Albei kan die wêreld soms vir jou lelik warm maak! – 12 April 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie