’n Dekade is nie lank genoeg
’n Dekade word deur ’n nul aan die begin en ’n nege aan die einde gekenmerk.
Die dekade waarin ons nou is, het natuurlik in 2020 begin en eindig in 2029. Tans het ons plus minus sewe jaar oor voor ’n nuwe dekade begin. Sewe jaar is glad nie so lank nie. As jy jou oë uitvee dan is dit al Oujaarsaand 2029.
Verskeie doelwitte en drome wat lank terug al gestel is, moet nog vlerke kry.
Die jaar 2030 sal dalk in die geskiedenis onthou word as die jaar waarin nie genoeg bereik is nie.
Dalk sal dit net nog ‘n voorbeeld wees van die mensdom se reusemislukking. Ons almal weet van Visie 2030 wat oudpresident dr. Sam Nujoma in 2004 vir ons land gestel het.
Maar Visie 2030 is nie eie aan Namibië nie, maar in pas met die internasionale doelwitte van die Verenigde Nasies wat teen 2030 bereik moet word.
Vanjaar is die vordering om dié doelwitte teen die voorgestelde datum te bereik, bekend gemaak.
Namibië het 26 jaar gehad om die visie te laat realiseer, om ’n sukses daarvan te maak. Nou het ons net sewe jaar oor voor D-dag.
’n Voorspelling is gemaak dat werkloosheid 50% teen die einde van 2021 sal wees. Volgens statistiek staan dié syfer tans op ongeveer 34%.
Maar die werklikheid is veel erger. Waarom is ons blind vir die waarheid? Omdat dit soms nie aangenaam is nie? Mense se waarhede kan ook verskil. As ons elkeen ’n verskillende idee van waarheid het, is dit steeds die waarheid?
Vanjaar sal negatiewe groei ons land se ekonomie onder druk plaas, wat sekerlik ’n toename in werkloosheid sal beteken. Ek is nou nie die beste wiskundige nie, maar logika sê vir my die situasie gaan nie voor 2030 verbeter nie.
Ons onderwystelsel is natuurlik ook ver agter om sy doelwitte te bereik en Covid-19 het dinge nie makliker gemaak nie. Laat ons nie eens oor gesondheid praat nie.
Groenwaterstof kan ons land se reddingsboei wees; en natuurlik die wêreld s’n ook. Volgens kenners moet die wêreld teen 2050 netto-nul kweekhuisgasvrystellings bereik.
Groenwaterstof is een van die antwoorde. Vir groenwaterstof om ‘n sukses te wees, benodig ons genoeg ruimte. Dít het Namibië in oorvloed.
As jy nog nie verstaan wat groenwaterstof is nie, kan YouTube jou dalk help. Dit is glad nie ’n slegte leerskool as jy jou “skoolchemie” vergeet het of dalk net nie daarin belang gestel het nie.
Wat is jou persoonlike doelwitte vir 2030? Het jy ten minste een doelwit? Jou doelwitte kan nie meer as langtermyndoelwitte beskou word nie, 2030 is net om die draai.
Ons is so geneig om alles tot op die nippertjie uit te stel. Ons maak ons wys dat daar nog genoeg tyd oor is, maar tyd is ’n skaars hulpbron.
Dus as jy doelwitte het, is vandag dalk die regte tyd om daaraan te begin werk.
As ons elkeen ons persoonlike tyd reg gebruik, is daar dalk hoop vir ’n internasionale Visie 2050.
Die trein het lankal die perron vir Visie 2030 verlaat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie