’n Ego-demper in diens
Sê maar net 30 jaar gelede
Afrikaans bly ’n wonderlike, lewendige taal en ek is baie trots daarop dat ek ’n Afrikaner is. Hoewel ek reeds ’n hele paar jaar in die skryf-bedryf betrokke is, beskou ek myself hoegenaamd nie as ’n kenner van die geskrewe woord in my moedertaal nie, maar ek moet darem ook onmiddellik erken dat ek taamlik gemaklik voel om my pen in dié kommunikasiemedium rond te stoot. Soort van ’n vertroue wat saam met dié soort werk gekom het sedert ek in 1979 die wêreld van die verslaggewer betree het.
Ek glo ook my broer Chris is taamlik gemaklik wanneer dit by ’n Afrikaanse gesprek en ’n geskrewe stukkie kom. Hierdie wonderwêreld van Afrikaans – dit is ’n dinamiese taal wat ontstaan in die milieu waarin dit gepraat word – het vir ons tweetjies inmekaargetuimel toe Des en Goefies aan die begin van Maart met verlof vertrek het.
Ons het een oggend fluit-fluit, sigarette in die hand, by die werk opgedaag en in mnr. Herselmann vasgeloop. Hy was ons altwee se Afrikaanse onderwyser in ons matriekjare. My eerste reaksie was om die sigaret waarmee ek besig was in te sluk en om die pakkie onmiddellik voor by my onderbroek in te druk. Die tweede ding wat ek gedoen het, was om te sê: “Tjips!”
Ná die skokke en die dinge het ek besef ons is nou groot en kan doen wat ons wil. Dit was eers toe ek by die tikmasjien gaan sit het, wat ek besef het watter onmoontlike situasie ek myself in bevind. Chris ook!
’n Gewone “sub” is vir my lankal nie meer ’n bedreiging nie, want ek het deur die jare al die gewoonte aangeleer om met die moeilikstes onder hulle te stry as ek nie saamstem nie.
Maar hoe stry jy met jou ou Afrikaans-onderwyser as hy skielik vir vyf weke die proefleser is by die onderneming waar jy werk?
My grootste vrees is dat hy my teen die kop gaan klap en voor al die junior verslaggewers vir my gaan sê hy het nie hoop vir my nie en dat ek dit moet oorweeg om ’n handlanger op die spoorweë te word.
Of dat hy my gaan aansê om die volgende dag met my rugby-klere aan te kom werk, sodat hy my ’n paar keer om die veld kan jaag sodat ek net wakker kan word. Of dalk die rottang nader trek!
Die grootste probleem is natuurlik dat mnr. Herselmann ons klasonderwyser was en dat hy daardie klein bietjie meer van my en Tabu en André Smit weet as wat ’n mens graag sou wou hê.
Hy onthou dalk nog dat ons daardie titseltjie ondergemiddeld was. Dat ons daai groot skep onverantwoordelikheid iewers in ons gehad het en dan ook dat ons van die duiwel besete was vir die grootste deel van ons lewens tot nou toe.
Dit is nou maar eenmaal so dat ’n mens nie altyd alles vertel oor jouself nie, aangesien daar private dinge is wat maar altyd in ’n donker kas weggesluit moet bly.
Om dié rede glo ek nou, sedert mnr. Herselmann se aankoms, aan ’n deelnemende bestuurstyl.
Ek sou dit waardeer het as die hoofbestuurder my ingeroep het en my opinie gevra het oor die tydelike aanstelling van my Afrikaans-onderwyser.
Hy is ’n goeie man, met die wêreld se taalkennis in pag, maar hy laat my ongemaklik voel. Net soos wat ek ook ongemaklik sal voel as hulle my bankbestuurder sou aanstel om uit te help in die salaris-afdeling. – 5 Maart 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie