‘n Hoeksteen het geval
Soos ek hierdie skryf, stoom daar ’n koppie tee in ’n beker wat ek by Hentiesbaai Spar gekoop het. Ek het kort voor die naweek afgeskop het, op ‘n vriend se Facebook-plasing geantwoord dat ons soms dinge verdien en dit nie kry nie. Dít nadat sy gekla het die “ek verdien ’n goeie lewe”-mentaliteit is effe kinderagtig. Ons almal verdien geluk, maar dit beteken nie dat dit in ons lewe gaan “inval” nie.
Ek weet die brand by Hentiesbaai Spar is hoegenaamd nie iets wat die Agenbag-gesin verdien nie. Daardie winkel is gebou op dekades se bloed, sweet en trane, maar steeds is daar enkele maande gelede op sosiale media gekla oor die prys van spanspek by hierdie winkel. Ek was vinnig om te noem dat ek vir die Agenbags en alles wat hulle vir hulle gemeenskap beteken, die ekstra paar dollar sal opdok.
Ek wonder of die keyboard warriors steeds so graag sou gekerm het as daar ’n groot horlosie bo die ingang van Hentiesbaai Spar gehang het wat die ure afgetel het na die gebeure die afgelope Saterdagaand wat so tragies vir die gemeenskap was.
Dit mag dalk heeltemal te dramaties klink dat ek so ontsteld is oor ’n winkel, maar as jy nog nooit by ’n goeie Spar was nie, sal jy nie verstaan nie. Hentiesbaai Spar was nie maar net ’n plek waar jy ’n koue koeldrank tydens oosweer te gaan soek nie – die gesin aan die stuur het dit reggekry om van ’n winkel “mens” te maak.
Nog meer as net my melodramatiese self, is Hentiesbaai Spar ‘n hoeksteen vir sy gemeenskap. Vanuit hul koffers is sopkombuise en gemeenskapbemagtigingsprojekte aan die lewe gehou. Hoe gaan die sopkombuis nou aan die lewe bly? Daar is nie meer gort of selfs ’n pakkie soppoeier waarmee daar sop gemaak kan word om die honger magies van Omdel te voed nie.
Ek het kort ná ek my droomwerk as joernalis begin het, vir die eerste keer met die mense agter die winkel te doen gehad en sedertdien is Hentiesbaai Spar vir my ’n plek waar ek kon terugkyk op dit wat my loopbaan en my grootmenslewe tot nou aan my gebied het. Dit maak nie saak hoe haastig ek daar verbygegaan het in feestye en op stil Woensdagmiddae nie, dit was ’n kans vir my siel om asem te skep en ’n oomblik waarin ek kon terugkyk na die 18-jarige weergawe van myself wat jare gelede daar ingestap het.
Dit is soms moeilik om jouself van jou werk te skei. Veral wanneer jou werk jou die kans gee om net ’n gedeelte van die harde werk en toewyding waarop ’n winkel gebou is, te beleef. En steeds as ek gevra het wat gaan op Hentiesbaai aan, was daar sommer gou-gou vir my ’n antwoord, met ’n video, teruggestuur. Dít juis omdat Hentiesbaai Spar nie net ’n winkel was nie; Hentiesbaai Spar was die gemeenskap.
Dit is baie maklik om net gou vinnig te vertel dat ons nie kry wat ons verdien nie, maar baie moeiliker om te aanvaar dat hierdie handjie vol mense wat hulle lewedaaraan gewy het om ’n beter toekoms vir hulle gemeenskap te skep, gekry het wat hulle nie verdien het nie.
Ek hoop die gemeenskap van Hentiesbaai sal in hierdie tyd onthou wat hierdie winkel vir hulle beteken het. Dit voel vir my heeltemal laf om so besorg te wees oor ’n winkel, maar in die kort tyd wat ek met hierdie gemeenskap saamgewerk het, het hulle liefde en omgee keer op keer aan my hartsnare gepluk. Ek het begin voel asof ek deel was van die gemeenskap en ek het so gelukkig gevoel om saam met hulle ’n Hentiesbaaier te wees. Die Spar op dié klein dorpie was ’n monument wat as simbool gestaan het vir die wonderlike gemeenskap wat dit verteenwoordig.
Ek weet dat die koekies in die winkel nie een of ander wondermiddel in gehad het wat almal op die dorp maatjies gemaak het nie, maar Hentiesbaai Spar was die versinnebeelding van sy gemeenskap. Almal het tuis gevoel en elkeen het geweet hy maak saak in daardie winkel.
As die hoeksteen van daardie gemeenskap, het Hentiesbaai Spar nié ‘n inferno verdien nie. Maar soms kry ons net nie wat ons verdien nie. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie