’n Ingewyde kleuterma met ’n sterk seuntjie
Ek het in my kort tydjie as ma besef sekere goed moet eers gebeur voor jy volwaardig as ’n ma van ’n kleuter ingewy kan word.
Ek weet nie of dogtertjies ook sulke voorskrifte het nie, maar kyk dat ek op daardie dag getoets is, is ’n feit soos ’n koei. Dit was ’n Sondag. Ek was besig om wasgoed te was – om my ’n hupstoot vir die week te gee. Daardie dag het klaar soos ’n wen-wen-situasie gevoel.
En toe hoor ek dit. Glas wat breek. Ek storm buitentoe. Die jongste staan met ’n klip in sy hand. My kamervenster lê in skerwe.
“Kyk hoe sterk is ek, Mamma,” roep hy baie trots uit. Ek staan verstom. “Seuntjie,” probeer ek baie hard om kalm te bly, “hoekom sal jy ’n klip teen ’n ruit wil gooi?” wil ek weet.
“Ek wys hoe sterk ek is,” herhaal hy weer.
Die dag wat minute terug ’n wen-wen-situasie was, is nou ’n geleentheid om lesse te leer. Nie ’n slegte ding nie, maar nie iets waarvoor ek kans gesien het op hierdie heilige Sondag nie.
“Die venster is nou stukkend. Nou kan die wind en die weer inkom en wie weet watter aardige goggas,” verduidelik ek.
Daardie nag slaap ek glad nie, want ek is oortuig ’n slang of twee gaan skuiling in die hitte van my huis kom soek – deur die gebreekte venster.
“Welkom by die seuntjie-klub,” sê my vriendin toe ek die storie aan haar vertel. En sy waarsku my om maar van nou af spaargeldjies in ’n koevertjie te bêre vir sulke “ongelukke”.
In die tussentyd kry ek vir my jongste ander goed om te wys hoe sterk hy is. Hy trek onkruid uit en laai dit in sy lorrie voor dit in die swartsak gegooi word. Hy ry klippe in sy “dump truck” aan; van die kant van die erf na die ander kant.
Hammelie het natuurlik gedink dis baie snaaks. Kyk sy het albei geslagte grootgemaak en sy het vir 21 jaar na ander mense se kleuters omgesien. Sy ken seker elke storie in die boek.
Dan herinner sy my aan toe ons self kinders was. ’n Gewilde storie is die een van my boetie en die byl.
Nou Boetiegoed is vyf jaar jonger as ek. Hy het meer te doen gehad met Hammelie se kleuterskool en het gereeld saam met die kinders gespeel.
Hy en ’n tweeling het een dag ’n fort by ons huis gebou. Die fort is uit die honde se kombers opgetower. Maar niks kon die fort bo hou nie. Die drie het gesoek en gesoek en kon net ’n baksteen en ’n byl opspoor. Dit het die kombers vir ’n wyle bo gehou, tot een van hulle op die kombers getrap het en die byl op Boetiegoed se kop te lande gekom het. Die tweeling het gehol.
“Hammelie, Hammelie, die byl sit in sy kop vas,” het hulle gegil.
Daar was orals bloed, maar die besering was nie so ernstig nie. Die fort is onmiddellik in ’n verband omskep wat net so op sy kop gedruk is en ons het spreekkamer toe gehaas. Ek kan nie eens meer onthou of hy steke gekry het nie.
Ná dié storie weer gedeel is, is ek dankbaar dit was net ’n venster. Ek het my gereedskap wel baie hoër gaan wegbêre.
En daar is nou ’n seuntjie-ongeluksfonds-koevertjie in die kluis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie