’n Lang baard, kaal voete en ’n ouwerhôl-baadjie
’n Vriend vertel my nou eendag dié staaltjie:
“Van jare terug af sal ’n bedelaar my maklik nader en vir ’n geldjie vra. Dis nou by ons suidelike buurman, Suid-Afrika. Daai jare het dit egter mos nie sommer hier in ons Namibië gebeur nie en dit was totaal en al ongehoord dat ’n blanke jou vir geld sou vra.
“So beland ek en ’n makker hier uit Duitswes in Johannesburg – Suid-Afrika se Sodom en Gomorra. Ná omtrent drie dae en drie nagte se treinreis arriveer ons grootoog by die Joburg-stasie. Gelukkig het Oom Kondukteur darem gesê as ons daar kom moet ons net daar oppie peron vir hom wag.
“Hy sal ons begelei en sorg dat ons oppie trein terug na Langlaagte kom waar ons virrie volgende drie maande innie spoorweghostel sal bly.
“Toe ons op daai stasie stop, was ons totaal en al stomgeslaan. Ons het op peron nommer twee afgeklim en vandaar kon ons nie eens die laaste peron sien nie! Gelukkig was daar nie ’n kaartjiekoop-probleem nie, want as spoorwegamptenare het ons ’n rooipas – ook ’n vrypas genoem – gehad en gelukkig was dit ‘n Sondag en daar was nie hordes mense nie.
“Daar het ons toe vir die eerste keer in ons lewens wit boemelaars gesien!
“Ná ons by die hostel ingeboek het is ons terug Joburg toe om die ‘tek’ te gaan soek wat ons heel maklik in Smitstraat opgespoor het. Daar het ons opnuut nog ’n belewenis gehad toe ons daai klomp boemelaars in Joubertpark gewaar!
“Dit het gou ’n gewoonte by ons geword om ons Fontana-kafeehoender met die stasie se ‘banksitters’ te deel of ’n ekstra broodrolletjie of drie te koop. Eendag staan ’n paar klasmaats van my daar rond toe my Duitswes-makker hulle attent maak op ’n boemie wat ons nader.
“Maar hulle hoefie te bekommer, vertel hy vir hulle, want die boemelaar sal reguit vir my mik. Dis natuurlik dan ook wat gebeur het!
“So gaan dit natuurlik nou al vir baie jare tuis hier op eie bodem. Soveel so dat my bedmaat my soms te lyf wil gaan. Daar is selfs al ’n goedige spottery onner my vrinne, maar ek kom mos nou die dag tot die besef dat ek, as gevolg van my voorkoms, ook vir ’n boemelaar kan deurgaan.
“Sien, ek en skoene is mos nie die grootste maats nie en ek beweeg alte graag kaalvoet met ’n kortbroek en ’n báie lang baard rond. Dikwels het ek ook so ’n blou ouwerhôl-baadjie aan. My familie en vrinne moes oor die jare natuurlik vrede maak met hoe ek lyk.
“In die hoktyd van Corona is my bedmaat se kantoor by die huis ingerig en ek is pleinweg onner huisarres geplaas. Sy moes toe die werk se geld gaan bank en ons besluit toe om dan sommer in die verbygaan by die supermark en apteek voorrade te gaan aanskaf.
“Ek meen, dis drie vlieë met een klap sommer so daar by die môl. Terwyl sy innie bank is, staan ek buite innie môl met my kaal voetjies en ‘uitgaan-uitrusting’ vir haar en wag. Die inkopiesakkies is natuurlik sommer so onder onner my blad ingebondel terwyl ek geduldig vir my bedmaat se verskyning uit die bank wag.
“Daar kom toe ’n al te vreeslike ordentlike dame van agter en groet heel beleef en verneem of ek oraait is. Ek wonner toe nou of ek koorsig of Corona-rig vir die antie lyk. Ek sê toe nee, daarsie foutie, ek’s piekfyn en eenhonderd persent wel en gesond.
“Die barmhartige Samaritaan kyk toe heel bekommerd na my en vra of ek nog iets nodig het. Ek sê toe nee, ek’s tops, maar sy weier volstrek om bes te gee en beduie na my kaal voete. Ek besef toe eers wat aangaan, want sy beskou my toe as ’n hawelose!
“My bedmaat was net betyds om die petalje gade te slaan. Seg Bedmaat vies agterna vir my dis hoekom sy altyd vooruit loop as ons iewers in die openbaar verskyn.
“Maar watwou, ek’s noggie van my kaalvoetjies genees nie!”
- [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie