Ná min Truss(t) in Liz, vaar Sunak hopelik beter
Downingstraat 10 was die afgelope weke amper besiger as die besige Heathrow-lughawe soos wat die Britse premiers gekom en gegaan het.
Die jonge Rishi Sunak het vandeesweek sy intrek in Downingstraat 10 geneem ná sy voorgangers Boris Johnson en Liz Truss reeds vanjaar moes bedank. Die veeltal memes in die sosiale media oor dié verker in en uit beroemde premierswoning kon ‘n mens laat skater het as die politieke omstandighede nie so ellendig en tragies was nie.
Een van my gunstelinge wys nommer 10 se voordeur, met die opskrif “Sponsored by Airbnb” en onderaan: “Perfect for short stays”.
Die ander kostelike meme se opskrif is “A new door has been fitted at number 10”, en die foto van is ge-Photoshop met ’n swaaideur soos dié by inkoopsentrums in die plek van die statige swart houtdeur.
Tientalle leiers het in die loop van die Britse geskiedenis oor die drumpel van Downingstraat 10 getree. Maar nooit vantevore het dit meer dikwels, of vinniger, geskied as wat Brittanje se konserwatiewes dit die afgelope jare gedoen nie.
David Cameron het plek gemaak vir Theresa May, wat plek gemaak het vir Boris Johnson, wat – baie teësinnig – plek gemaak het vir Liz Truss.
Elkeen se tydperk van oorlewing was korter as dié van sy of haar voorganger. Soveel so dat Liz Truss ‘n skamele ses weke in die warm premierstoel uitgehou het. Sy sal in die geskiedenisboeke opgeteken staan as die premier wat die kortste ooit gedien het.
“Ons het ’n visie uiteengesit vir ’n laebelasting-, hoëgroei-ekonomie wat voordeel sal trek uit die vryhede van Brexit,” het Truss verlede Donderdag in ’n kort verklaring buite Downingstraat gesê, net 44 dae nadat sy haar eerste toespraak daar gelewer het.
“Ek erken egter, gegewe die situasie, dat ek nie die mandaat kan bied waarop ek deur die Konserwatiewe Party verkies is nie. Ek het daarom Sy Majesteit die Koning in kennis te stel dat ek as leier van die Konserwatiewe Party bedank,” het slotwoorde aan die Britse volk.
Die beherende Tories hoop nou die 42-jarige Sunak sal as nuwe Britse leier, die derde een binne één jaar, die party na kalmer vaarwater stuur.
Hy het soos verwag in sy debuuttoespraak beloof om sy party en volk uit die politieke en ekonomies chaos wat deur sy voorgangers agtergelaat is, na ’n meer rooskleurige, stabieler toekoms te lei.
Vir die eerste keer ooit het Brittanje ’n leier wat die demografiese werklikhede in dié verenigde koninkryk weerspieel.
Met sy wortels in Indië en Afrika, is sy herkoms tekenend van Brittanje se toenemende heterogene bevolkingsamestelling.
Sunak, wat in Southampton gebore is, se ouers is van Indiese afkoms. Hulle het in die 1960's uit Oos-Afrika na Brittanje geïmmigreer.
In dié onstuimige tyd waarin die Britte steier onder hoë rentekoerse en stygende lewenskoste te midde van die pandemie se durende nagevolge en die gebeure in Oekraïne, hoop die res van die wêreld saam met Brittanje Sunak doen sy belofte gestand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie