’n Ope brief gerig aan Gobabis-munisipaliteit
BEKOMMERDE INWONER SKRYF:
Soos die Here wil, en dit Sy leiding is, wil ek die volgende onder die aandag van die munisipale owerheid bring.
Ek poog al vir die afgelope drie/vier/vyf maande om ’n afspraak by die CEO te kry sonder sukses, ofte wel vanaf die aanstelling van die CEO. Ek het ook met verskeie lede van die Inwonersvereniging probeer onderhandel sonder sukses. My laaste poging is die pers met telefoniese toestemming van een van die lede van die Inwonersvereniging, met die woorde dan moet ek maar die pers betrek as ek so voel.
Dit was en is nog altyd ’n Christelike uitgangspunt, dat die munisipale owerheid wat deur God daar gestel is, ’n dienaar van God moet wees. Die munisipale owerheid is nie daar ter wille van homself nie, ook nie daar ter wille van geldelike gewin of voordeel nie, ook nie daar om werk te skep vir onbevoegde personeel nie, maar vir die beswil van sy onderdane of te wel inwoners. Die waarskynlikste en vernaamste plig van ’n munisipale owerheid is om toe te sien en te sorg dat daar rus en kalmte is in die dorp, wat aan hom toevertrou is deur God en om die nodige maatreëls te tref om die lewe, lewenstandaarde, lewensmoontlikhede en die eiendom van die munisipale owerheid, sowel as sy onderdane/inwoners te beskerm. Samevattend kan ons dus sê, dat die munisipale owerheid vir sy onderdane/inwoners ’n veilige lewensruimte moet voorsien waarbinne die daaglikse take uitgevoer kan word en sodoende ’n stabiele sosioëkonomiese klimaat en omstandighede bewerkstellig.
Onder huidige omstandighede met inagneming van alle feite onder ons aandag gebring, is dit ons oorwoë mening dat die munisipale owerheid nie sy plig na wense nakom nie. Diefstal, bedrog, korrupsie, straatkinders en ongekwalifiseerde/onbevoegde personeel sonder die nodige ondervinding, wat belangriker as kwalifikasie is, is aan die orde van die dag. Hierdie situasie duur onverpoosd voort, terwyl die munisipale owerheid magteloos toekyk en dit nie kan beheer nie, aangesien daar nie genoegsame middele en gekwalifiseerde personeel met ondervinding tot hul beskikking gestel is nie. Dit blyk ook dat die besigheidsarea en inwoners wat eiendom besit, sowel as gewone inwoners die teikengroep is van hierdie magteloosheid, asof dit deel van die daaglikse lewe is.
Die algemene menings in ons gemeenskap is dat die munisipaliteit gekaap is deur onbevoegdheid en bedrog, want die personeel doen net wat hulle wil en die munisipaliteit “ja en amen net” en niks word gedoen om hulle te keer om aan te gaan nie. Dit is geen sekuriteitswaarborg vir ons inwoners nie en vertroulike inligting lê nou die wêreld vol. Diefstal, betreding en die steel van honde en plante het gedurende die tydperk van hul besoeke die hoogte ingeskied.
Na verskeie menings in ons gemeenskap is dit noodsaaklik dat die gemeenskap sal protesteer teen die toedrag van sake. Dit is onaanvaarbaar dat onskuldige sake-eienaars en inwoners die prooi van hierdie magteloosheid is. Die munisipale owerheid sal moet besef, dat die onvermoë om instandhouding te handhaaf, die besighede en inwoners genoodsaak word om self instandhouding toe te pas aangesien van geen mens regtens en moreel verwag kan word om onbepaald toe te laat dat sy lewensruimte/standaarde/privaatheid onregmatiglik binnegedring en sy lewe, liggaam en eiendom van hom ontneem word nie.
Ongelukkig dui die algemene diskriminerende en vooroordeelde standpunt van die munisipale owerheid in die verlede en tot datum op ’n oormatige simpatie met sy personeel, terwyl die lot van die slagoffers nie in ag geneem word nie. Daar is al erkennings in die verlede in die pers en oor die radio in die verband gedoen.
Ons is almal ten gunste van ’n gebalanseerde regstelsel en vra die munisipale owerheid om daadwerklik aandag hieraan te skenk, anders kan dit meebring dat die gewone landsburger en inwoner sy vertroue in die munisipale owerheid verloor vanweë die deurlopende aanslag van water en kragonderbrekings in die dorp, sonder kennisgewing en die eiendom van die gemeenskap in die dorp beskadig word.
Die munisipale owerheid moet kennis neem, dat dit kan lei tot onrus onder diegene wat geteister word en uiteindelik daadwerklike optrede tot gevolg kan hê om lewens, liggame en eiendomme te beskerm.
Dit is dan ook ons ernstige voornemens om gegewe die gemelde situasie soos beskryf hierbo, ’n ernstige beroep op die munisipale owerheid te doen, om objektief en met kritiese waarneming nie diegene wat in belang van regverdigheid optree, te straf nie, maar eerder die oordeel te verskuif na die onbevoegte personeel van die munisipaliteit wat ons veilige lewensruimte bedreig.
Dus word van u verwag om soos in onmiddellik op te tree en van alle onbevoegde personeel ontslae te raak en ons wil dit sien. Die hele munisipale personeel kan met ten minste tweederdes verminder word en selfs meer produktiwiteit kan dan aan bande gelê word. Dit is ons mening, dat wanneer ’n persoon vir ’n werk aansoek doen en hy kla dat die werk te veel is, of dat hy dit nie kan behartig nie hy/sy hom/haar-self onbevoeg verklaar en moet die pos onmiddellik verlaat word. Indien meer as vyf-en-twintig present (25%) van die inkomste gaan vir salarisse is daar ’n groot rooi lig wat brand en die personeel moet verminder word. Daar is nie ’n manier dat genoegsaam onderhoud, instandhouding en uitbreiding dan kan geskied nie.
Die normale regte manier sou wees om die publiek te waarsku en tye daar te stel wanneer die krag afgeskakel en die water toevoer gestaak word vir herstelwerk en weer aangeskakel word om onnodige ongerief uit te skakel, dit word net somtyds gedoen. Die munisipale owerheid moet ook nie van ’n klomp kinders/studente soos in die verlede gebruik maak nie. Dit skep ’n swak indruk van onbevoegdheid.
Dit is nou 32 jaar en weinig verbeterings in die dorp is sigbaar, veral as ons na die toestand van die strate en sypaadjies kyk. Al die heinings rondom die dorp se hoofweë is weg en ongelukke het mense al duisende NAD uit die sakke gejaag as gevolg van diere op die paaie. Dit is ook ons mening om ’n klag by die Wêreld Eko-Vriendelike Instansie in te dien oor ons asgate wat nie meer met ’n hoë heining omhein is nie en die hele area rondom is besoedel met plastieksakke en vullis. Daar moet daadweklik aandag geskenk word en die geld wat onbenullig aangewend word moet gestaak word en daardie geld moet eerder vir ’n heining om die asgate gebruik word en om die slaggate in die strate te herstel.
Dit is fantasties om te sien dat bome in die middelman van die strate afgesaag en verwyder word, wat skade aanrig en ook dat dit vervang word met ander bome. Dat steentjies gelê word, maar kon daardie geld nie eeder gebruik word om die asgate se heining te maak nie. Of om daardie uiters gevaarlike dip in Roesenerstraat te vervang nie. Daar was al etlike ongelukke en die publiek het al groot skade gely. Ons verstaan al die verskonings van retensiegeld en die kontrakteur en die siviele ingenieur, maar daar is ’n maklike oplossing. Maak ’n ompad, daar is genoegsaam spasie langsaan en blokkeer die dip, sodat daar nie nog ongelukke kan gebeur nie. Of word daar gewag dat ’n lewe geëis word voordat daar opgetree word.
Internasionaal is dit ’n erkende regsbeginsel dat die individu geregtig is om op te tree waar sy lewe, liggaam en eiendom onregmatiglik bedreig word, deur vullis en oop asgate en gevaarlike strate. Gobabis het ook nie ingeskryf en neem ook nie deel aan die kompetisies vir die skoonste dorp van Namibië deur Media Holdings gereël nie. Dit is ’n erkenning deur die munisipaliteit van swak diens en nalatigheid en die onvermoë om die vullisterrein met ’n hoë heining toe te kamp. Per slot van sake was dit toegekamp, maar al die heining drade, pale en hekke is gesteel. Nog ’n rede om die onvermoë en swakheid van die munisipaliteit te bewys om hulle werk te doen.
Aldus Hartklop FM, 19 Maart 2019, Wêreld in 60 minute om een uur (1 uur) sal miljoene mense binne die volgende dertig jaar (30 jaar) in Afrika, die Midde-Ooste, Europa en Asia sterf as gevolg van waterbesoedeling, grondbesoedeling, lugbesoedeling en onnodige ongelukke as gevolg van nalatigheid. Is u aandadig daaraan, en die antwoord is onomwonde ja. Wanneer word daar daadwerklik iets aan gedoen. Onthou dit is u kinders, kleinkinders en nageslag wat u besig is om te vermoor, myne is landuit, want hulle kan nie met hierdie toedrag van sake saamleef nie. Sies man, ’n mens doen nie so iets aan jou nageslag nie, skaam julle!
Wat het geword van die eens derde mooiste begraafplaas in Namibië? Al die mooi bome is vrek en die instandhouding is power en swak. Meeste inwoners reken dat hulle sal ontsnap en weghardloop as hulle daar begrawe word en verkies verassing bo ’n begrafnis. Ons behoort dit nie so aan ons afgestorwenes te doen nie, sies man.
Die pensioenarisse in die dorp is legio en dit is te danke aan hulle dat die dorp was wat hy was voor aftakeling geskied het. Dit is die ou mense wat hierdie dorp opgebou het tot wat hy is en nou word dit afgebreek tot niks en verwaarloos deur ’n onbevoegde munisipaliteit. Dit is dan ons mening dat na die pensioenarisse en diegene wat eiendom besit omgesien moet word. Aangesien die munisipaliteit met geld mors dring ons aan op ’n afslag op ons rekeninge van ten minste vyftig persent (50%). Verder wil ons ’n keuse hê soos by water en elektrisiteit om dit aan te sluit as jy dit wil hê of nie, by vullisverwydering en brandweertoelaag. Daar is baie van ons wat reeds van alle afvalkosse kompos maak en ook water herwin, eko-vriendelik. Van die inwoners gebruik ook nie meer plastieksakke nie, maar gebruik hul eie lapdrasakke. Op die wyse help ons om die vullis by die asgate te verminder. Die asdromme en of swartsakke staan ure lank in die strate en daar is gedurig mense wat in die asdromme krap en die swartsakke stukkend skeur, en die vuilgoed lê rond en die wind waai dit die wêreldvol. Nog ’n rede hoekom ons ’n keuse wil hê om van die dienste gebruik te maak al dan nie.
Dit is bekend en bewys dat ’n huis binne sewe minute (7 minute) totaal en al afbrand en geen brandweer ter wêreld kan so vinnig optree nie. Van ons mense het jare se ondervinding op die gebied en ons daag enige persoon uit om ons verkeerd te bewys. Indien daar ’n brandblusser in ’n huis is, kan daardie huis binne een minuut (1 minuut) gered word, dit is ook al bewys. Dus die brandweer kom blus net die smeulende kole van die afgebrande huis of besigheid en red nie die hele huis of besigheid nie, ons wil ’n keuse hê om van die dienste gebruik te maak of nie, so ook met vullisverwydering en om daarvoor te betaal of nie. Daar was aan ons belowe om presies uiteen te sit waarvoor die brandweertoelaag gebruik gaan word en ons wag nou lank genoeg, dit blyk na ’n geldmakery wat moet end kry.
Sommige van ons pensioenarisse het al vir meer as ’n jaar gelede aansoek gedoen vir koopwatermeters en wag nog steeds. Wat is aan die gang? Dit is onmoontlik om so lank te wag, maak ’n plan en installeer die meters of gee toestemming dat ons dit in ontvangs neem en self installer.
Aan die vorige CEO is verduidelik dat ’n koei vier spene het. Daar word net drie spene gemelk, want die vierde speen se melk is bedoel vir die kalfie om te drink en die koei se plek later in te neem, maar al vier spene is gemelk en die kalfie is vrek en later ook die koei wat die melk gee, en nou staan die stal leeg, so ook sal die swaar verdiende eiendom of huise van ons pensioenarisse en werkloses leeg staan of afgevat word. Die pensioenarisse se geld is op, die kinders het die land verlaat en ons word aan onsself oorgelaat. Daar is nie meer geld om te mors en net te betaal nie. Maak ’n opname per aangehegte brief by die waterrekeninge en ook aan die wat hul rekeninge kom afhaal of per e-pos ontvang, omdat ’n posbus nie meer bekostigbaar is nie, aan al die pensioenarisse en u sal sien dat meeste van ons oumense verdien minder as vyftigduisend NAD per jaar aan pensioen en dit is ook nie meer belasbaar nie. As die Ontvanger van Inkomste dit kan doen, hoekom nie ook die munisipaliteit nie? Ons verwag ’n antwoord op die algehele brief. U kan gerus die werklose mense wat eiendom besit byvoeg in die verband.
Samevattend, as ons dit nie het nie kan julle ons nie forseer om te betaal vir diens wat daar nie is nie, veral teen ons wil. Die Engelsman sê: “Nobody can force anybody to do anything against his will.”
– Brief verkort
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie