’n Oproep van Allister
Hierdie week is dié week. Vlieg jy, of bly jy? Net 33 gaan kaartjies kry om Frankryk toe te vlieg.
Daar is tans 35 Namibiese rugbyspelers wat angstig is oor hulle plek in die Wêreldbekerspan. Agter elkeen van hulle is ’n familie wat nét so angstig is. Buiten vir die families is daar meisies en vroue wat reg staan om fees te vier of te troos.
Ek dink nie die algemene ondersteuner of rugbyliefhebber is altyd bewus van wat agter die skerms aangaan nie; veral nie as mens kyk na die nare aanlyn slegpraters en rekenaarmonsters nie. Elke liewe een van hierdie spelers het ’n droom en baie van hulle moet talle opofferings maak om hierdie droom na te streef. Elke speler het soveel emosies, verwagtinge en druk wat in hom opbou. Agter elke speler is soveel meegevoel, ondersteuning en raad.
My man is een van hierdie 35 spelers wat vandeesweek van Suid-Amerika teruggekom het. Twee moet uitval en ’n paar moet selfs bygesit word. Ongeag van jou posisie, dink ek niemand kan verseker van ’n plek wees nie. Selfs al word jy gekies, is daar nog die wedstryd teen die Bulle en die slegste ding wat nou nog kan gebeur, is ’n besering. Ek wens dit geeneen van hulle toe nie. Ek wens ek kon my man in “bubble wrap” toedraai vir die volgende drie weke.
Hierdie spelers oefen reeds maande lank en droom selfs nóg langer om Italië, Nieu-Seeland, Frankryk en veral Uruguay by vanjaar se Wêreldbeker die stryd aan te sê. Ons is twee groot families wat styf duimvashou vir daardie oproep van Allister wat hom van ’n plek sal verseker. Dan is ons ook ’n handjievol wat op daardie dag nog ons vliegkaartjies Frankryk toe gaan bespreek.
Buiten vir my man, is ek ook vriendinne met van die ander spelers se meisies en vroue en ek kan julle verseker, ons is net so angstig. Ons sien hoe hard hulle oefen, ons hoor die gekla oor lyfseer, ons sit ys op die beserings, ons troos en praat moed in.
Ek is gereed om te troos indien die oproep dalk slegte nuus bring. Indien dit goeie nuus is, gaan ek onmiddellik my tassie begin pak, want so ’n geleentheid gaan ek nie misloop nie. Die geleentheid om my man te ondersteun in ’n sport wat hy so lief het, en dit nog in die mooie Frankryk.
My Namibiese rugbytrui (met ’n nommer 8 agterop, natuurlik) pak ek eerste en daarna my stapskoene en nie veel meer nie.
Vir elke speler wie se hart in sy keel gaan klop elke keer as sy selfoon hierdie week gaan lui – sterkte. Ek hoop dit is goeie nuus. Nie net vir jou nie, maar almal wat bankvas agter jou staan.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie