Chris Jacobie
Chris Jacobie

’n Prys, ten alle koste

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Chris Jacobie

Daar is ’n beheptheid met pryse en toekennings in Namibië wat taamlik onvanpas is vir ’n land met ’n bevolking wat herinner aan dié van ’n groterige stad elders in die wêreld.

Dag vir dag word die een uitnodiging ná die ander gerig om die een of ander prysuitdelingsgeselligheid by te woon.

As dit nie is vir die klipgooikompetisie nie, is dit vir die skoolklas wat die meeste geld in die kortste tydjie kon insamel.

By atletiekbyeenkomste is dit medaljes en diplomas vir die wenner, dié wat tweede en derde gekom het en ook ’n laaste prys.

Die prys vir mislukking word gewoonlik gekamoefleer as die prys vir vasberadenheid en staan in gevalle as die vasbyt-beker bekend.

Dit gebeur feitlik sonder uitsondering dat die span wat die atletiekkompetisie verloor, die sangbeker wen. Dit gebeur selfs dat spanne ’n beker vir pawiljoenopruiming en stilsit wen.

By die meeste van die gesellighede wat ek dusver bygewoon het, was ek die enigste een wat nie die een of ander toekenning kon verwerf nie. Daarby word gewoonlik verskonend aangevoer dat daar nie ’n prys is nie, aangesien ek net ’n getuie van die gebeurtenis moet wees. Iemand waarmee die organiseerders hul gewetes wil sus. Dit is nou om later te kan sê daar was ’n onafhanklike getuie wat ”saamgestem” het. Dié “saamstem” is dan die regverdiging vir die sirkus.

Ek het nou die dag gehoor, dat daar drie kinders meer in die klas was as waarvoor daar pryse was, en dat die skoolhoof die aanwesiges en eregaste gevra het om ’n minuut stilte te handhaaf vir dié drie swak presteerders, en om ná die eerbiedige stilte stadiger as gewoonlik hande te klap.

Hy het dié huldeblyk aan die drie verloorders gemotiveer deur te verwys na die “geleentheid wat die aanwesiges weer het om te besef dat ’n mens dankbaar moet wees vir wat jy het”.

Nodeloos om te sê, twee weke later is drie pryse aan die drie onsuksesvolles toegeken, omdat hulle “volgens hul vermoë presteer en by die aanwesiges ’n geleentheid tot ‘besinning’ geskep het”.

Hierdie prys-beheptheid het nou al veroorsaak dat mense tot die belaglikste uiterstes denkbaar oorgaan.

Daar is ’n Mnr. Boepens, Mnr. Lelik, Mej. Koesister en Antie Skaapboud.

Vergeet maar van die storie dat dit net vir die pret is. Dit is nie.

Dit is die pryswennerkultuur wat van kleins af geskep word, wat maak dat mense enigiets sal doen om ook ’n prys te wen.

Wat het geword van die oudste en beste prys in die wêreld wat sonder trompetgeskal aangekondig kan word – deur bloot ”dankie” vir iemand te sê.

Dit is ’n prys wat aan enigiemand uitgedeel kan word. Ook aan Mnr. Boepens en Mej. Koesister.

Dit hou minstens vir ewig. – 1 Julie 1993

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!