’n Sirkus op eie werf
Sê maar net 30 jaar gelede
Constant Smit – Almal vertel my hoe baie ek gemis het omdat ek nie ’n draai die week by die sirkus gemaak het nie. Gelukkig is dit almal mense wat my nie baie goed ken nie en hulle weet nie saam met watter mense ek werk nie. Snaakse mense. . .
Ek het nie nodig om geld uit haal om ’n sirkus te sien nie. Ek sien dit elke dag hier by die werk.
Dit is baie maklik, ’n mens gebruik net ’n bietjie verbeelding. Ons het alles hier. Narre, olifante, perde, slange, ape, bobbejane, leeus, bere, noem maar op, ons het dit hier in ons dorpie se Stübelstraat.
Verstaan my baie mooi. Dit is heerlik om in jou eie sirkus te werk. Vat nou maar net die hoofnar – ons eie Rooi Gert. Elke dag vermaak hy die verbygangers by die bekende stoepkafee met sy oplossing van al die probleme van die wêreld. En die mense hang erger aan sy lippe as aan dié van ’n regte nar. Ek dink hy is die enigste slim nar op hierdie aarde – of altans hy dink so. As hy mense op ’n sypaadjie so kan vermaak, kan almal hulle mos indink hoe hy ons vermaak.
Ons het ’n beer ook. Leon het altyd in die ou dae – toe Des nog dik was – gesê dat as Des so ’n bietjie grommerig die oggend is, hy soos ’n beer met ’n seer anderding is.
Desiree is ons dierehanteerder. Ek vrees vir die dag wanneer sy met ’n dodo hier ingestap kom en ons plekkie op die wêreldkaart plaas. Hier het al ape, bobbejane, snaakse voëls en wie weet wat nog saam met haar by die werk opgedaag. Elke oggend is dit vir ons ’n verrassing om te sien wie haar vandag gaan geselskap hou.
Hans is ons eie orangoetang. En hy kan ’n kombi ook bestuur wat ’n regte orangoetang nie kan doen nie.
Oor Travers se rol in die sirkus kan boeke volgeskryf word. Hy is ons eie akteur, want die een dag is hy Bles Bridges (as hy jou vertel hoe mooi hy kan sing), dan Kaptein Caprivi (as hy vertel van sy wedervaringe in die Eerste Wêreldoorlog, Tweede Wêreldoorlog, Korea, Viëtnam, Biafra, Rhodesië en nog so ’n paar ander skermutselings), en dan Al Capone (as hy vertel hoe hy in daai lang slap Ford gaan spring, sy .357 gaan gryp en al sy vyande gaan uitwis). En so kan jy maar opnoem – hy is hulle almal.
En mense met name soos Spaghetti, Smokey, Spaka, Kettie en Magic onder een dak moet enige regdenkende mens mos tot die gevolgtrekking kom dat alles daar nie pluis kan wees nie.
Lil is ons leeutemmer. Ek het al gesien hoe sy vir Gert, en hy is glo nie ’n bang man nie, laat bewe van vrees as sy hom sy fortuin vertel. . . “I won’t take any s... from you, boysie.” As sy vir Gert in so ’n toestand kry, wil ek nie weet wat ’n regte leeu gaan doen as sy hom gaan gryp nie. Ek sal almal nooi as dit die dag gereël is, want ek dink min mense het al ’n leeu gesien huil.
Soos almal kan sien, is ek een van die mees bevoorregte mense op aarde. Ek is die enigste regte mens in ’n koerantsirkus en die beste van alles is dat ek nou maar net van ’n paar van ons artieste genoem het – daar is nog baie. Almal is welkom om ’n draai te kom maak en oor ’n koppie koffie te kom kyk hoe die inwoners van Stübelstraat 49 ’n mens kan vermaak. Kyk net hoe doen hulle dit vir die mense in hul koerante – in lewende lywe moet hulle mos baie beter te kan “perform”.
– 28 Mei 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie