‘n Verkeerde Maandag in Januarie
Dit was ’n verkeerde dag. Een wat op nog ander verkeerde dae gevolg het. ’n Maandag in Januarie.
Tog het ek nié op die dag by die graf van my vier maande oue baba gestaan, wat eergister nog gesond was, maar wat ’n onverklaarbare wiegiedood gesterf het nie. Ek het ook nié begrafnis gehou vir my 18-jarige seun wat pas sy stryd teen kanker verloor het nie.
Ek was daardie aand rustig tuis. Ek het nie, soos nog mense wat ek ken, die hele nag onophoudelik staan en bid langs die hospitaalbedjie van hul pasgebore baba – dat sy net moet begin self asemhaal nie.
Ek het ook nie, soos ’n vriendin, ’n maand gelede ’n ouer aan die dood afgestaan nie. Ek moes ook nie op die dag, soos nog ’n dierbare mens wat ek ken, twee verskillende soorte chemo kry omdat die kanker opnuut versprei het nie.
Ek ken ál hierdie mense, elkeen van hulle!
Op die verkeerde dag moes ek maar net langs ons 16 jaar oue gemmerkatjie staan toe die veearts hom uitsit, sy magie ’n harde knop kanker. In sy ogies die gees wat nog wil, maar die ou lyfie wat hom faal.
So is die lewe, soms is die dood genade. Vreedsaam ook. Tog steeds hartverskeurend.
Dit was op so ’n Januarie-Maandag toe iemand my al gevra het oor wat die doel van dit alles dan nou kan wees, of dit een of ander wrede gekkespul is?
Ek het nie antwoorde nie. Miskien moes Adam en Eva nie van die boom geëet het nie, dalk kort ons meer dankbaarheid, minder verwagtinge en meer geloof.
Daar is ook mooi dae. Die pasgebore baba het self begin asemhaal en kon intussen al huis toe gaan. Sy wat opnuut chemo moet kry, leer elke dag om haar Skepper al meer te vertrou en ’n pad saam met Hom te stap. Die reën het eindelik gekom en vandag skyn die son.
Nietemin het die lewe my ook reeds ’n paar lesse geleer. Die eerste is dat die lewe seer sekerlik nooit maklik gaan wees nie. As tye maklik is, wees dankbaar.
Ek weet ook hier waar ons nou is, is alles net tydelik. Die wêreld is nie ons woning nie. Dink verder as nou.
Ek weet ook dat jy tot op ’n punt kan kies om taai te wees – wees sommer heuningtaai. My ouma het altyd gesê: “’n Mens gee nie so maklik moed op nie.”
Ek het geleer as jy moeg is, sal daar ’n naaste wees wat bereid sal wees om jou hand te vat. Práát net. As jy nie meer kan nie, gaan klop om hulp aan.
As jy in ’n krisis verkeer, sal daar ook ’n einde aan kom. As jy die donker moet inspring en jy weet nie of jy ’n sagte landing aan die ander kant gaan hê nie, moet jy mooi daaroor dink of dit vermybaar is. Al val jy, kan jy die besluit neem om weer op te staan. Hoekom sou jy bly lê? Jy is gemaak om te oorleef! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans.
Die lank en die kort is: Ek en jy is beslis nie hier om oppervlakkig te leef en net goeie dae te hê nie. In die lewe moet en sal ons harde lesse leer. Hopelik sal ons na die regte hand gryp en nie laat los nie. Ek glo dit is die doel van al hierdie lesse, om ons te leer om die regte pad te stap.
Moenie so vasgevang raak in die daaglikse geskarrel en in verkeerde dae dat jy die groter prentjie miskyk nie. Maak tyd om hieroor na te dink. Dit sal jou belangrikste gedagtes ooit wees.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie