Wiesie Kotzé
Wiesie Kotzé

Namibiërs is oraloor die wêreld

Wiesie Kotzé – Het jy gehoor van die FlySafair-vlug vanaf Kaapstad wat gister sou plaasvind?

Wel, aan boord vir die eerste vlug na Namibië, sou daar ’n Namibiese medevlieënier wees. Uit Otjiwarongo! Waar daar ook al iets in die wêreld gebeur, as jy weer kyk is daar ’n Namibiër betrokke.

Van dr. Japie van Zyl wat by Nasa werksaam was tot bekende skoonhede wat met wêreldbekende musieksterre getroud is, Mej. Supranational en nog vele meer.

Dit verstom my dat ’n land met so ’n klein bevolking mense het wat by al wat ’n bedryf of rigting betrokke is.

En tog moet dit my seker nie verbaas nie, want dis seker juis omdat ons so ’n klein bevolking is dat ons weet wanneer Namibiërs iets doen. Want hul universiteitsvriend se sussie skryf elke nou en dan vir die koerant, of hul oom werk by NamPower of hul tannie werk self by Republikein. Die voorreg om in so ’n klein gemeenskap te kan woon is ongelooflik.

Amper oral waar jy kom, is jy “iemand”. Maar dit is ook stadig maar seker besig om te verander. Generasies beweeg aan, ander buitelanders kom woon in die land. Skielik is daar ’n heel ander groep mense wat in jou tuisdorp woon – ja die heel oues is nog daar maar hulle is in die ouetehuis en weet nie meer so mooi wat rondom hulle aangaan nie.

Die lewe verander voortdurend. Gister het die kinders met tablette begin skoolgaan, vandag gebruik hulle KI om mee te leer.

Ons moet voortdurend nuwe maniere uitdink om sake te doen en relevant te bly met die nuwe uitdagings van die tye waarin ons leef te werk.

So het ek nou die oggend by ’n sake-ontbyt gehoor wat deur Netwerk vir Afrikaans en Lithon aangebied is.

Ek het ook gehoor dat daar heel moontlik baie geleenthede vir jongmense in Namibië gaan wees in die volgende vyf tot tien jaar met al die groot dinge wat in die pyplyn is. Maar ook dat Namibië sy jongmense nodig het, aangesien baie jongmense dink daar is beter geleenthede buite Namibië.

Tot Phillipus Tromp die verhaal vertel het van die jong meisie wat hulle raakgeloop het tydens ’n tradisionele “village”-toer wat deur Gondwana aangebied is.

’n Jong meisie van die spesifieke kultuurgroep wat hulle in die “village” besoek het wat uitstekende Afrikaans met hulle gepraat het.

Soos die gesprek gevorder het, het hulle vasgestel dat sy in Londen gewerk het, en teruggekom het Namibië toe. En dat sy, inteendeel, eintlik steeds aanlyn vir ’n maatskappy in Londen werk, aangesien ons infrastruktuur en internet intussen sulke hoogtes bereik het dat mense dit kan doen.

En omdat die ware droom is om in buitelandse valuta te kan verdien, maar in ons wonderlike en pragtige Namibië te kan woon, waar – soos in dié meisie se geval – ons geliefdes en familie waarskynlik is.

Mag sulke tipe stories al hoe meer begin verskyn. Groete en seën vir jou.

– Gasskrywer

[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!