Namibië is 'n ‘slay queen’
Ek het onlangs uitgevind die versamelnaam vir joernaliste is ’n “scoop” en kom ek vertel jou, daar waar die “scoop” bymekaar kom, word daar politiek gepraat.
Selfs ek – wat politiek nie met ’n stok sal aanraak nie – is later so geprikkel dat ek braaf my ietwat oningeligte opinies in allerhande gesprekke lewer.
Juis omdat ek bewus is van my gebrek aan politieke kennis, volg ek tydens hierdie gesprekke Maurice Switzer se raad. Hy sê dit is beter om stil te bly en toe te laat dat mense dink jy is ’n dwaas, as om te praat en vir die twyfel oor jou dwaasheid om soos mis voor die son te verdwyn.
Tog het die “scoop” saam met my gestem toe ek die Namibiese politieke landskap met ’n “slay queen” vergelyk; so ek neem aan ek het iets reg gesê.
Dit is my beskeie opinie dat Namibië soos ’n regte “slay queen” is. Daar word gedurig deur alle sosialemediaplatforms geblaai, en sodra ’n ander “slay queen” iets nuuts begin, word daar geld by een van vele “kêrels” geleen om op te dollie (soos om ’n nuwe handsak of skoene te koop), net om beter as die ander te wees.
Selfs die feit dat Windhoek ’n paar jaar gelede Brakwater herklassifiseer en daarmee die grootste hoofstad op die vasteland gevestig het, laat my dink aan ’n “slay queen” wat by iemand anders se Porsche in die Grove Mall se parkeerterrein poseer.
Het ons nie net onlangs hoog en laag gesweer dat ons petroleumgeld armoede in Namibië sal uitwis nie?
Ek het wel ’n woordjie of twee te sê oor armoede-uitwissing as ’n konsep, maar voor ons enigsins iets kon bereik toe skuif ons aan na die nuutste gier – groenwaterstof. Natuurlik staan ons nou weer bakhand by ’n kêrel vir geld om die groenwaterstof-handsak te gaan koop, en natuurlik wanneer ons met die handsak vir ons sosialemediablaaie poseer sal ons niks van die kastige kêrel noem nie. Ons sal #independentwoman daar iewers in die onderskrif ingooi terwyl ons ons regte beroep vir ons volgelinge wegsteek – hulle moet net die blink kant sien.
“Slay queens” verdien wel ’n paar sente vir hul teenwoordigheid in die sosiale media in die vorm van reklame-ooreenkomste. So wanneer die groenwaterstof-gier vir ons ’n paar sente inbring, gaan ons waarskynlik niks doen om ons lewens te verbeter, soos om armoede te verlig nie.
Eerder as om hierdie inkomste vir dinge aan te wend wat werklik ons lewensgehalte sal verbeter, sal daardie geld eenvoudig terug in die slay queen-besigheid geploeg word.
Ons gaan koop dan nog ’n handsak of ’n paar skoene en gaan eet by peperduur restaurante, sodat ons volgelinge tog net moet dink ons is meer en beter as wat ons werklik is.
So nou sukkel en “slay” ons maar voort deur die onstuimige politieke landskap en ’n bevolking waarvan meer as die helfde onder die broodlyn lewe, terwyl ons van binne af vrot van ons verslawing aan aanvaarding. . . ten minste is ons naels mooi gedoen.
– iré[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie