Namibië se skurke nie legendes
Sê maar net 30 jaar gelede
Chris Jacobie – Misdadigheid in Namibië neem deesdae afmetings aan wat aan die ongelooflike grens.
Dit gaan nie soseer oor die vindingrykheid van diewe nie, maar die matelose arrogansie waarmee misdaad gepleeg word wat ’n mens verwonderd laat.
Dan is daar nog die enkele stemme van die regering wat uit die veiligheid van die parlement Namibiërs wil wysmaak dat hulle aan gesigsbedrog ly wanneer hulle opmerk dat misdaad ’n sigbare toename toon.
Daar is bykans nie meer iets soos selfrespek by diewe nie en dit wil voorkom asof Namibiërs die prooi van die slegste van die slegstes is.
Die geskiedenis wemel letterlik van skurke met wie ’n mens gehoop het dat die lang arm van die gereg hulle nooit sal inhaal nie.
Van Robin Hood se tyd af was daar iets soos ware here in die skemerwêreld van die boef, dief en skurk.
Daar was diegene wat met ’n glimlag net die rykstes van die rykes beroof het en volgens legendes en oorlewering hul buit onder die armste van die armes verdeel het.
Legendes is rondom die skurke gebou en selfs in die tyd toe die rewolwer in die Wilde Weste geheers het, was daar ’n kleed van ordentlikheid oor sommige van dié misdadigers wat aan die einde van ’n tou vir hul dade geboet het.
Daar is selfs verhale opgeteken van boewe wie se laaste sekondes op aarde getuig het van ’n ongelooflike dapperheid en selfs die wyse waarop hulle die dood tegemoet gegaan het, het van selfrespek getuig.
Hierdie karaktertrekke ontbreek Namibië se kriminele en ’n mens wil naar word van die verhale van roof op bejaardes, aanvalle op weerlose vroue en kinders en doodgewoon vandalisme.
Tot nou die dag was besoekers aan Namibië verwonderd oor die feit dat hulle nie hul motors hoef te sluit wanneer hulle vinnig ’n brood wil koop nie.
Vandag is ’n gesluite motor ’n uitnodiging vir ’n krimineel sonder ’n bestuurslisensie om ’n baksteen deur die ruit te gooi en uit frustrasie met ’n spyker oor die verfwerk te kielie.
As ’n mens gelukkig is, sal hy nie met ’n koevoet nog ’n paar gate in die bakwerk ook druk nie.
’n Bejaarde word nie meer net van sy besittings beroof nie.
Nee, hy of sy moet teen die grond neergegooi word, ’n paar skoppe in die gesig en ribbes kry voordat die krimineel tevrede is dat hy sy punt gemaak het.
Huishulpe en -vrouens sluit hul sonder uitsondering in hul eie huise toe en selfs dan is hulle nie veilig nie.
Soms is dit net om die voornemende misdadiger nog meer dierlik te maak as wat hy reeds is.
Wanneer hy traliedeure afgebreek het en uiteindelik toegang tot die privaatste van privaatheid gekry het, is die einde van sy geweldtog waarskynlik moord.
As Namibië se ontsnappingstatistiek van nader beskou word, wil dit lyk asof daar meer kriminele buite as binne die tronk is.
As Namibiërs binnekort die wet in eie hande gaan neem, moet die regering nie huil nie.
Die inwoners van die land het tot nou genoeg gehuil, terwyl die kriminele van genoegdoening gelag het.
Hier kom ’n ding! – 9 Augustus 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie