Zoë Karsten
Zoë Karsten

Nee dankie, ek soek nie ’n glasie nie

Zoe Karsten
Zoë Karsten – Ek is ’n mens wat van reëls hou. Ek hou van orde en om binne die lyne in te kleur.

Reëls en regulasies hou ons samelewing in toom. Daarmee verwys ek nou spesifiek na die ouderdomsbeperking op die gebruik van alkohol. Dit verskil van land tot land. In sommige lande is dit 16, in ander 21, maar in Namibië is die ouderdomsbeperking 18 jaar oud.

Die mensdom buig mos maar soms die reëls om hulle te pas – by hul eie sienswyses en situasies. Ek het al telkemale gesien hoe ouers vir Sussa of Boeta ’n slukkie van Mamma se gin and tonic of Pappa se bier gee. En moet tog nie met verskonings kom van “as hulle van kleinsaf daaraan blootgestel word sal hulle hulself nie eendag daaraan vergryp nie”, of “dis net ’n klein slukkie, dit maak niks nie”.

Een slukkie word twee en twee word ’n halwe glas. Kort voor lank is dit ’n bottel bier en voor jy jou oë uitvee sit Boetie met ’n drankprobleem op 16.

As daar een huishouding is waar alkoholiese drankies en blootstelling aan alkohol deel van die daaglikse bestaan was, was dit myne. En tog was slukkies uitdeel en “proesessies vir die kinders” nooit aan die orde van die dag nie. So hou verby met daardie redenasies. Kinders moet op 18 self kan kies. Stel as ouer eerder ’n voorbeeld vir die verantwoordelike gebruik van alkohol en laat hulle self besluit wanneer en waarvoor hulle lus is en hoeveel daarvan.

Ek is self nou 19 jaar oud en al mag ek vir die laaste 15 maande wettig alkoholiese drankies drink, sê ek steeds nee as iemand my vra of ek ook ’n glasie wyn soek of ’n slukkie vonkelwyn wil proe.

Kyk, moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen mense wat alkohol drink nie. Wat jy by die braai of partytjie wil drink is jou saak en jou keuse, maar wanneer ek nee sê, moet asseblief nie probeer om my te oortuig met ’n “Og, jy mis uit” of “Ag nee Zoë, net een glasie is mos nie ’n sonde nie”.

Respekteer my keuse soos ek joune respekteer.

Net so was ek verlede naweek by ’n braai, doodtevrede met my druiwesappie, en toe sal een van die tannies vra of ek ’n glasie “JC” wil hê. Terwyl ek nog “nee, dankie” sê, so skink sy klaar ’n glasie.

“Live a little en drink dit net!” Ek was te skaam om dit te weier en... so drink ek maar. Ag nee, man. Dit was nie lekker nie, en daar waar ek ’n keuse in die lewe het om tussen lekker en sleg te kan kies, los my eerder om die lekker te kies.

Maar ek’t dit gedoen en geglo dit was verby. “Nope!” Tannie sien my glas is leeg en skink sommer weer. Wie is ek as tiener om teen ’n volwassene te rebelleer? So wat doen ek toe? Vat die glas en steek dit agter die potplant weg. Ek was so teleurgesteld in myself en ek het myself belowe ek sal nie volgende keer swig vir dit waarvoor ek staan nie.

Hoekom is dit vir mense so moeilik om te verstaan dat ek nie wyn of bier of “ietsie” wil drink nie? Word die drink van alkoholiese drankies onder jongmense so genormaliseer dat wanneer jy “nee, dankie” sê, dan is jy vreemd, en word gespot as “’n ou tannie met ’n nat broek?”.

My keuse kom nie van trauma nie. Daar is nie alkoholmisbruik in die familie nie. Dis maar net my keuse.

My probleem is dus nie alkohol spesifiek nie. My probleem is met kinders wat moet proe en halwe glasies kry sonder enige keuse en mense wat my forseer om “ietsie” te drink.

So, nee dankie Tannie, nee dankie Oom, ek soek nie ’n glasie nie! – [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A