Net dié wat waag, sal wen
“Wie nie waag nie, wen nie.”
Ek stem heelhartig met dié spreekwoord saam en dit is van toepassing op alle aspekte van ons lewens.
Ek is seker baie mense is bang vir die woorde. Daar is mos altyd ’n goeie rede om nie te waag nie en veilig te speel.
Jy is in ’n verhouding of huwelik en sielsongelukkig. Jy bly want hoe gaan jy alles bekostig as jy wegstap. As daar kinders is maak dit die besluit nóg moeiliker. Jy hoop dinge sal verander. Hy of sy sal verander en die omstandighede sal beter word.
Jy het ’n werk wat jou nie meer die gevoel van voldoening gee nie, maar jy bly want jy het die geld nodig. Jy moet jou huur, krag en water betaal, brandstof en kos koop en dit is maar net die punt van die skuld-ysberg, veral as daar skoolgaande kinders betrokke is. Dít skrik die meeste mense af om die volgende stap te neem.
Ek het al talle stories oor mense geskryf wat wel die volgende stap geneem het. Mense wat die volgende hoofstuk in hulle lewens begin het.
Omstandighede het sommige gedwing om wyer na nuwe geleenthede te kyk en hulle moes dit laat werk. Ander was eenvoudig net moeg vir hulle omstandighede en het kop eerste die sprong gevat.
Ek dink Covid-19 het talle mense gedwing om meer te waag as wat hulle miskien onder “normale omstandighede” sou doen.
Mense het hulle werk verloor en baie het moed verloor, maar ek dink die meerderheid het iets begin doen.
Baie het met hulle stokperdjie of passie, wat hulle nog altyd gehad het en nie voluit gebruik het nie, begin woeker. Baie mense het vroeër nooit na hulle stokperdjie of passie gekyk en gedink as hulle meer tyd, moeite en energie daarin sit, kan hulle ’n lewe daaruit maak nie.
Ons word met die gedagte grootgemaak dat jy ’n vaste werk moet hê en ’n salaris moet verdien om te kan oorleef.
Dié mense moes eenvoudig net aanpas en baie van hulle het nou florerende besighede. Hulle oorleef nie net nie, hulle is ook dolgelukkig. Hulle staan elke oggend met ’n lied in hulle hart op.
Ja, hulle het ook stres en probleme, maar hulle is verantwoordelik vir hulself. Daar is nie iemand wat vir hulle sê dit of daai is nou verkeerd nie. Hulle maak die fout en maak dit ook self reg – sonder ’n bohaai.
Ek het onlangs met ’n man gepraat wat visvangtoere in Hentiesbaai aanbied.
Hy sê: “Ek sal nooit ryk word nie, maar ek skuld niemand ’n sent nie. Ek en my hond het elke dag genoeg kos en ek het die beste kantoor in die wêreld. Elke oggend staan ek op en ry see toe; wat kan beter as dít wees? Wat wil ek meer hê? Ander mense smag na die vryheid en ek het dit alles omdat ek gewaag het.”
Ek dink op die ou einde is al die mense, wat die moed gehad het om die groot sprong te neem, die wenners.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie