Nie elke oomblik is ’n foto-oomblik nie!
SMN
Ek verstaan ons leef in ’n digitale era waar sommige mense elke liewe aspek van hulle lewens met duisende (selfs miljoene) vreemdelinge op die internet wil deel.
Oukei, ek verstaan dit eintlik glad nie, maar ek is bewus van dié werklikheid. In dié stadium dink ek dit sal ’n goeie “cultural reset” wees om terug te gaan na draaitelefone – as ek nie antwoord nie, weet jy ek is besig en dis dit.
Nou kan ek vir iemand ’n WhatsApp stuur en as die twee blou regmerkies nie binne vyf minute verskyn nie, kan ek nog ’n WhatsApp, SMS, Telegram, e-pos, DM op Instagram, Messenger-boodskap op Facebook, Snapchat of Threads-boodskap (as Threads ooit nog bestaan) stuur. Al wat nog kort is posduiwe en rookseine! Dis alles om te sê ons het só geneig geword om te dink ons is geregtig op mense se tyd en aandag, net omdat ons hulle kontakbesonderhede of gebruikersname tot ons beskikking het. Ek dink almal kan doen met iets soos ’n digitale “detox”.
Waaroor ek eintlik wil praat, is die sogenaamde “influencers” – beïnvloeders soos hulle in Afrikaans gedoop is – of mense wat hulle wil verbeel hulle is deel van dié spesie. Van Instagram tot TikTok (een van die wortels van alle kwaad in die moderne samelewing!), lyk dit of elke Jan Rap en sy maat deesdae beïnvloeders wil wees. Alhoewel die aanloklikheid en vermaaklikheidswaarde van hierdie aanlyn persoonlikhede nie ontken word nie, is dit moeilik om die feit te ignoreer dat beïnvloederskultuur, met al sy glans en skyn, nie juis opbouend is vir die samelewing nie.
Die wortels van hierdie verskynsel kan teruggespoor word na die vroeë dae van sosiale media, rondom die middel 2000’s. Platforms soos YouTube en Myspace was ’n soort verhoog vir mense om hul talente, passies of net hul daaglikse lewens met ander te deel. Wat begin het as opregte selfuitdrukking, het vinnig ontwikkel in ’n wedloop vir “likes” en volgelinge (soos in ’n kultus).
Beïnvloeders, eens ’n nisgroep, het nou ’n alomteenwoordige teenwoordigheid op ons skerms geword. Daar word dikwels gesien hoe hulle met luukse leefstyle spog en brokkies van hul oënskynlik perfekte lewens deel. Hierdie geïdealiseerde weergawe van die werklikheid kan vervreemdend en ontmoedigend wees vir diegene wat voel hul eie lewens skiet te kort.
Boonop volg beïnvloederskultuur dikwels die “style over substance”-neiging. Baie beïnvloeders prioritiseer estetika, filters en volgelinge bo opregte kennis of kundigheid. Hierdie prioritisering van die oppervlakkige kan die strewe na betekenisvolle inhoud en outentieke verbindings ondermyn, na my mening.
Nog iets wat my geloof toets, is mense wat foto’s en selfies neem op onvanpaste plekke. Die strewe na die perfekte selfie lei dikwels daartoe dat individue gesonde verstand, veiligheid en respek vir hul omgewing verontagsaam. Ons het almal al gevalle gesien van beïnvloeders wat vir foto’s poseer by gedenkterreine, rampgeteisterde gebiede of selfs tydens godsdienstige seremonies. Sulke gedrag toon nie net ’n gebrek aan sensitiwiteit nie, maar ’n gebrek aan respek vir die mense rondom jou.
Die mense prioritiseer soms hul aanlyn personas bo die gevoelens en privaatheid van ander. In openbare ruimtes kan hulle mense se persoonlike ruimte binnedring om daardie “opregte” oomblik vas te vang of wandelpaaie te blokkeer in hul soeke na die ideale afneemhoek. Hierdie minagting van ander kan die harmonie van gedeelde ruimtes heel ontwrig.
Dit is alles ’n mooi manier om te sê hulle is in die pad! Ons was onlangs by ’n seekos- en wynfees, en dit het moeite gekos om nié elke vyf sekondes voor een of ander “wannabe” – in ’n uitrusting wat drie groottes te klein is en boonop belaglik lyk – se kamera in te loop nie. Hierdie is dalk nuus vir sommiges, maar nie almal wil in die agtergrond van jou foto wees nie en nie almal gaan ’n vyf meter-radius rondom jou oop los sodat jy die perfekte foto-oomblik kan hê nie. Daar gaan mense wees wat voor die kamera inloop, en jy kan nie kwaad wees oor jy nou langer jou “pose” moet hou (boude uitstoot en lippies tuit) nie.
Om nie eens te praat van mense wat hulself in die gym se badkamer afneem nie. Jy staan letterlik langs ’n kennisgewing wat sê jy mag nie foto’s of video’s in die badkamer neem nie. Kan jy nie lees nie of gee jy doodeenvoudig nie om dat jy dalk iemand in die agtergrond van jou foto kan hê wat besig is om te verklee nie? Hoe goed ook al jy dink jy lyk ná die bene-oefensessie, ek is seker jy gaan oor tien minute by die huis nog steeds dieselfde lyk. Dink tog soms voor jy die kamera uitpluk en asseblief, respekteer die mense om jou en hulle privaatheid!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie