Leandrea Mouers
Leandrea Mouers

Nie net hier nie. . .

Leandrea mouers
’n Ding wat ek deesdae sien sy kop uitsteek – dalk is dit maar net deel van die einde van die jaar se chaos – is mense wat dink dat joernaliste net by die huis sit en wag vir die volgende “breaking news” of “scoop”.

Dit is ver van die waarheid af.

Om ’n voorbeeld te gee, in die laaste twee weke kom daar twee uitnodigings deur, een vir ’n mediakonferensie en een vir ’n amper heeldag-event wat op “Special Voting”-dag sou plaasvind.

Die eerste uitnodiging kom ’n uur voor die konferensie, en die ander een kom die dag voor dit moet plaasvind.

Dit stres my onmiddellik uit, want nie een van die twee is nou voorblad-baie-dringend-lewe-en-dood-sake nie.

En hierdie tipe geleenthede gebeur gereeld, en dan word ons geskel, sommer van die podium af. Of ons word daarvan beskuldig dat ons nie die land of ons dorp se sake op die hart dra nie en net op soek is na die volgende skinderstorie.

Kom ek stel gou dié wanopvattings reg.

Nee, ons sit nie net by die huis of by die kantoor en wag vir die “nuus” nie. Die “nuus” stop nie.

En met die digitale era is ons nie net meer pen-en-papier-joernaliste nie. Daar is TV-programme wat inhoud nodig het – en nie net sommer enige inhoud nie – TV-standaard-inhoud.

Die sosialemediamonster moet op ’n gereelde basis gevoed word, anders verloor jy jou “relevance”.

Daar is vergaderings, vooruitbeplanning wat gedoen moet word, want hier lê en loer 27 November vir ons, en ook Desember wat gewoonlik vir ons mense aan die kus die besigste maand is.

Ek het dit ook al meer as een keer gesê; ons is ook net mense, wat moeg raak, hartseer raak, gefrustreerd raak. Mense met gesinne, met ’n man of vrou en kinders.

Baie keer word ons gesien as die robot-tipe, wat net moet doen, gevoelens opsy sit, en ’n produk lewer wat vir mense betekenisvol is, anders hoor jy weer hoe onvolwasse, dom of sensasiesoekers ons is.

Daar was al soveel geleenthede waar ek wou skreeu van frustrasie, in trane wou uitbars oor die seer en onregverdigheid – en daar is oomblikke waar jy ’n stil oomblik kan kry om dit te doen. Maar dit gebeur min, want dan kom die volgende nuusopskrif alweer.

Maar as daar een ding is wat ek weet – en dis nou ’n feit soos ’n koei – is dat nie ek of een van my kollegas sommer maar net “hier” is, of dat ons eendag miljoenêrs gaan wees nie. Maar omdat ons ’n passie het vir wat ons doen, vir ons mense, vir ons land, om seker te maak dat ongeregtighede nie net onder die mat ingevee word nie.

Ja, ek weet ook daar is ’n paar gifappeltjies, veral nou in hierdie “silly season” – maar dis ’n heel ander gesprek, vir ’n ander dag.

Bottomline: Wees net lekker. Ons is almal opgesukkel teen dié tyd van die jaar. – [email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!