Niemand lus vir hierdie gekiekery
Gerine Hoff - Dis amper drie jaar ná ek my laaste Sê Maar Net geskryf het oor ons avonture met familiefoto’s neem.
In die afgelope 36 maande was dit nog net my broer en sy gesinnetjie wat braaf genoeg was om weer die uitdaging aan te pak; die res van ons skat ek, is nog te erg geskend van daai tyd se drama. Voeg daarby die “pret” wat ons gehad het by vorige jare se sessies, en julle sal verstaan hoekom ons lig loop.
In Februarie 2020 het ek geskryf oor hoe ons reeds verwag het dat een of meer van die kinders nie gaan wil saamspeel wanneer daar foto’s geneem word nie, want dis mos nie net ons nie – dis die uitgebreide en aangetroude familie wat ook gekiek moet word. Ons het dit net-net, maar nie sonder drama nie, oorleef met dikbekkies, ’n harde hou teen een van die kleintjies se kop, en ’n trein wat ontspoor het wat alles deel was van die proses.
Fast forward na Desember 2022 en ek het weer besef hoekom ons maar half skugter is vir familiefoto’s neem.
Om die toneel te skets: Terwyl ons gesin in die Kaap kuier, maak ons ’n draai by my oom en tannie wat saam met hulle drie kinders en eggennote en wat elkeen ook drie kinders het, saam vakansie hou tussen pragtige wingerde en die mooiste blou lug. Die kiddies wissel in ouerdom van 15 jaar tot 8 weke, so jy kan jouself indink daar wag weer ’n uitdaging, want dis nie min mense wat op een foto moet kom nie!
Tog, omdat ons mekaar lanklaas gesien het en dit Kersdag is en almal is mooi aangetrek, besluit ons ons moet die kans waag.
En toe begin dit. Neef Clinton se baba was van die staanspoor uit nie lus vir hierdie storie nie, so uit die 80 foto’s (ek oordryf nie) wat geneem is, is daar nie een waar hy nie ’n keel opsit nie. Clinton se jongste dogter was ook net bereid om vir die kamera te gluur. Nig Eloise se jongste wou net afgeneem word as sy in ma of pa se arms is (sy is 5), en nig Carita se tienerseun het hasepad gekies.
Dan is daar ons eie Lara wat die vorige aand vir Kersfees ’n kamera gekry het en saam wou foto’s neem; niks voor die kamera staan vir haar nie.
Na ’n stryd om die meeste van ons op ’n enkele foto te kry en waar almal vir die kamera kyk, was dit tyd vir individuele gesinsfoto’s. Weer is ons Lara moeilik, want blykbaar het ons nie vir haar genoeg tyd gegee om haar eie foto’s op haar eie kamera te neem nie. So, toe dit ons beurt was om te pose, staan sy agter my en al wat ons van haar sien is haar arms om my lyf.
En tussen al die drama deur, stuur my broer uit Windhoek die mooiste foto wat hulle viertjies vir Kersfees geneem het. Dis soos sout op ’n wond.
Nou ja, nog ’n foto (mis-)avontuur is agter die rug. Ons kon ten minste darem deur die res van die vakansie ’n volle twee ander foto’s van ons in die Kaap saam kry, en dit sonder te veel trane.
Hopenlik sal ons volgende keer (ja, ons sal dit seker weer een of ander tyd – dalk eers volgende jaar – aandurf) ’n mooi foto van ons gesin en die uitgebreide familie op een kiekie kry.
Die hoop beskaam mos nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie