Tanja Bause
Tanja Bause

Nika, Zhandile, Jack en die wilde perde

Tanja Bause
Die twee jagluiperds Nika en Zhandile wat vir die afgelope vyf jaar op ’n plaas naby Keetmanshoop bly nadat hulle as welpies in ’n kartonboks vir ’n plaaseienaar se vrou gegee is, het nou ’n doodsvonnis gekry.

Die vrou het die boks met die welpies gevat in ’n poging om hulle te red. Hulle was sonder ’n ma en te klein om op hulle eie te kan oorleef. Sy het net gedoen wat enige redelike mens onder dieselfde omstandighede sou doen.

Die omgewingsministerie se mening verskil egter. Hulle sal in die volgende paar weke vir Nika en Zhandile van die plaas verwyder en na ’n nasionale park verskuif. Dit volgens kenners is ’n “sekere doodsvonnis”.

Mense het hulle grootgemaak, wat beteken dat hulle nie bang is vir mense nie en maklik na hulle toe sal gaan. Hulle vereenselwig ook mense met kos. Hulle het nooit geleer om op hulle eie te jag nie. Hulle ken ook nie die gevare wat die natuur inhou nie. So die kanse is redelik skraal dat hulle op hul eie sal oorleef.

Dit is egter nie die eerste keer dat die ministerie ’n troeteldier aan sy eie lot in die bos oorlaat nie. ’n Paar jaar gelede was daar die geval van Jack, die bobbejaantjie. Jack het ook in die Suide grootgeword nadat sy trop en sy ma spoorloos verdwyn het.

Die eienaar het ’n aansoek by die ministerie ingedien vir ’n permit om hom na ’n veilige hawe in Windhoek te vervoer. Dit is hoe die ministerie van Jack te hore gekom en besluit het geen permit, geen veilig hawe; hulle sal hom kom haal en hervestig.

Twee manne het opgedaag en vir Jack en sy teddiebeer ingelaai en weggery. Jack se mamma het besluit om vir Jack te gaan soek. Sy het die bakkie se spore op die grondpad opgespoor. Nadat hulle ’n ent gestap het, het hulle Jack se bebloede teddiebeer in die veld gevind. Jack is in die bos langs die pad aan sy eie lot oorgelaat en is vermoedelik deur jakkalse opgevreet. Klein Jack het ook ’n doodsvonnis gekry.

Dan is daar die wild perde van die Namib wat ’n paar jaar gelede amper deur ’n trop gevlekte hiënas uitgeroei is.

Mense het vir jare die ministerie om hulp gesmeek en vir jare was die antwoord dieselfde. Die perde wat al oor die 100 jaar in die gebied voorkom, is die indringers en moet vir hulself sorg. Uiteindelik het die ministerie opgetree en die hiënas verwyder en die perde floreer weer. Dié unieke toerisme-aantreklikheid en enigste wilde perde wat in ’n woestyn lewe, is gered.

Ek verstaan daar moet reëls wees, veral om wilde diere aan te hou, anders sal hulle as toeriste-trekpleisters uitgebuit word. Dit is ’n feit, want net soos daar diegene is wat ’n dier se lewe wil red, is daar diegene wat die diere vir hul eie gewin sal uitbuit.

Ek dink net dit is uiters wreed om ’n dier wat nie op se eie kan oorleef nie, net so in ’n bos te los. Ons het talle organisasies wat na dié diere kan omsien; diere soos Nika, Zhandile en Jack. Ek is seker met die nodige reëlings en onderhandelinge sou hulle die drie kon inneem en versorg. Jack was dan op pad na só ’n organisasie.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!