No Image Caption

Nooit laat vir ’n jol

Iréne-Mari van der Walt
Die anonieme digter Atticus het moontlik een van die mooiste brokkies moderne digkuns uit sy pen laat vloei toe hy die sin “I hope to arrive to my death late, in love and a little drunk” geskryf het.

Vir my vang dit die essensie van menswees en waarna ons almal streef baie goed vas. Die ironie is dat wanneer ons aan ’n lekker tyd dink, dink ons waarskynlik aan iets soos die musiekfeeste wat deesdae een na die ander op ons voorstoep land.

Hoewel daar ’n goeie kans is dat jy laasgenoemde by die fees mag bereik, is daar die merkbare afwesigheid van laat en verlief.

In Namibië verstaan ons wat dit is om laat te wees – as dit ’n Olimpiese sport was het ons ook nou met ’n stukkie goud gespog, maar helaas moet hierdie sport nog eers ’n federasie bymekaar trek.

Tot dan speel ons “chicken” met mekaar se tyd. In Namibië is jy die eerste een daar as jy opdaag wanneer die uitnodiging sê die affêre begin. En dan begin die geleentheid, maar ons wag nog vir die gasspreker, die goewerneur, die minister of die wilskrag om aan te gaan – of sommer almal tegelyk.

Die enigste rede hoekom ek weet hierdie is ’n sport wat ons beoefen en nie maar net hoe ons is nie, is omdat Namibiërs dit skynbaar nooit kan regkry om laat te wees vir ’n jol nie. Miskien sou ons dan maar net ’n silwer medalje gekry het, want as hulle op die laatwees-kompetisie se hindernisbaan ’n bierkroeg en ’n bietjie doef-doef-musiek gehad het, is die Namibiese span sommer ’n halfuur vroeg met hulle kampstoele gereed om die wag aan te durf.

Dalk kan ons goud kry vir wag, maar net as daar vir bier gewag word.

Ek kan ook nie verstaan hoekom daar bier gedrink word terwyl ons wag om nog bier te gaan drink nie. Shame, al die gewag maak mens seker moeg – skink maar nog enetjie tot die hekke oopmaak.

En ons gee onsself tog so maklik weg. Dink jou in, groot fees met baie kunstenaars wat net vir ons genot ingevoer is. Waar is dit meer van ’n gebondel – voor by die verhoog met die invoertalent of by die kroeg? Mos natuurlik by die kroeg, want waar anders is die bier en die Jäggies?

Tydens nog ’n fees vol invoerkunstenaars verlede jaar het die arme mense agter die toonbank ’n groot fout begaan – hulle het die spul by die kroeg hoop gegee met ’n eenvoudige “hulle bring nou-nou vir ons nog”.

Die bondel sal mos nou nie hulle gesonde verstand gebruik en dit maar vir eers laat vaar nie – nee, die bondel trek al hoe stywer saam tot diegene van ons wat nie so geseënd is in lengte en krag nie maar net met die bondel saamsweef. Dit is nogal soos ’n tornado – jy kan niks doen nie, so probeer net om te ontspan tot die bondeltornado jou uitspoeg (en hoop hy spoeg jou langs die toonbank uit sodat jy darem jou blikkie koeldrank kan kry).

Vanjaar moet ek voorbereid daar opdaag met ’n lang, fris metgesel wat gereed is om koeldrank en water aan te dra. Stap een: vind bogenoemde lang, fris waterdraer.

[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.14 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.68 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.31 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 631.82/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.60% | Zinc US$ 2 982.50/T UP 3.13% | Brent Crude Oil US$ 75.85/BBP UP +1.97% | Platinum US$ 969.67/OZ UP +1.21% #REF!