Nuus hou nie vakansie
Sê maar net 30 jaar gelede
Gert Jacobie – Kollega Hannes Smit van ’n Engelstalige dag/weekblad in die stad het ’n baie sterk standpunt oor die oorhoopse besluit van die regering om die ganse Mei in die een vakansiedag op die ander te omskep.
Hy veroordeel dit ten sterkste en hy wil niks daarvan weet nie, want sê hy, dit slag die land se produksievermoë absoluut.
Dit maak ’n grap van alles wat in Namibië kon werk. Die euwel van openbare vakansiedae vir elke onbenullige geleentheid het nou sy nare tande ook in die koerantbedryf ingeslaan en die naweek wat pas verby is, het ek gehoor van ’n mede-koerantmens of twee wat daarop aangedring het om teen dubbeltyd vir Werkersdag en vir Cassinga-dag vergoed te word.
Dit is die belaglikste wat ek nog gehoor het.
Destyds, toe ons generasie koerantmanne by die bedryf ingeskakel het, het ons net een opdrag gekry: Jy mag nie te dronk wees wanneer jy 24 uur per dag werk nie, want die mense sal vir jou lag.
Nie een van die twee het in my geval gewerk nie. Ek het nooit ’n vreemdeling vir werk geword nie.
Dit maak van my nie ’n super-koerantman nie, maar dit maak seker van my kollegas iemand wat nie die erns van die beroep verstaan waarin hulle staan nie.
Koerantmense, soos verpleegsters, polisiemanne, soldate en onderwysers, is net nie mense wat mag staak of ’n pennie vra vir wat hulle bykomend doen nie.
Die oomblik wat hulle opdruk oor hul omstandighede, mis hulle die punt, want hulle bewaak sedes, die volk teen verval en hulle hou die pilare waarop die gemeenskap gebou is in die algemeen regop.
As hulle dit nie doen nie, verloor hulle aansien. Soos wat die polisie ongelukkig in ’n groot mate verloor het omdat hulle só behep geraak het met die “nuwe” Namibië dat die kwaliteit van hul werk in baie opsigte daaronder ly.
Dan begin die mense grappies maak oor hulle en daar is min dinge wat so moreel-werend kan wees soos wanneer mense met jou die spot dryf.
Onlangs het ek een gehoor van ’n tannie wat nie ’n bietjie uitgesproke was oor die swak diens wat die polisie deesdae lewer nie. Soos dit in die land gaan, daag sy op ’n dag by die huis op om vas te stel dat daar ingebreek is en sy skakel die polisie onmiddellik.
“Jammer mevrou, maar ons het nie nou mense om uit te stuur nie. Ons doen so gou moontlik iets aan die saak,” was die polisieman op die telefoon se antwoord.
“Tipies” was haar reaksie.
Kort daarna kry die polisieman ’n hondemeester met ’n kwaai hond en ’n pragtige Ray-Ban-donkerbril en hy stuur hom na die toneel van die diefstal by die tante se huis.
Daar aangekom, staan die diender toe met sy pragtige hond en bril voor die deur.
Toe die tante die deur oopmaak, sien sy die man en met haar groot vooroordeel was haar reaksie: “Ja, nou stuur hulle nog ’n blinde polisieman ook om die saak te ondersoek.”
Dit kan baie maklik gebeur. . . en my kollegas moet oppas dat hulle nie op die dag ná ’n vakansiedag ’n storie skryf om later te hoor niemand glo hulle nie, want hulle was nie daar nie.
Hoe kan mens by ’n storie wees as jy aandring om nie te werk op openbare vakansiedae nie.
– 11 Mei 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie