Nuuskierigheid het my hoë trappe laat klim
Sê maar net
Thusie Gamibes – Ek is ’n vrou wat baie nuuskierig is wanneer dit by die dag se gebeure kom.
Wat het gebeur? Hoekom is dit so? Wat sê julle? Hoe beïnvloed dit ons?
Ek is geïnteresseerd wat om my gebeur en dit het gemaak dat ek vandag in ’n bilioteek werk.
Ek het in 2000 hier by Republikein se kantoor ’n pos as ’n skoonmaker aanvaar, waarna ek in 2015 in die biblioteek begin werk het.
Die dag wat ek gebore is, het ek al in die koerant se argiewe opgesoek. Dit is ook net daar waar my belangstelling geprikkel is. Ek weet vandag nog wat alles op daardie dag in die geskiedenis van my land gebeur het.
Ek vermoed daar is nie veel mense wat weet dat ons koerant ’n argief ook het nie. Tog dink ek dit is moontlik een van die grootste argiewe in die land, self groter as die nasionale biblioteek se koerantargief. Ek mag verkeerd wees, maar wat ek wel seker van is, is dat ons argiewe ’n skatkis van ons land se geskiedenis bevat.
Ons het rakke en rakke volgepak daarvan. Van die eerste koerant wat in die land uitgekom het meer as 100 jaar gelede, tot die nuutste nuus van vandag.
Ons land het nog altyd redelik min mense gehad, maar ons verlede was nogal ’n woelige tyd. Net soos die hede. As jy saam met my deur die rakke van ons verlede wil stap, sal jy dit gou opmerk.
Die bundels koerante spreek van die wel en weë van ’n nasie wat deur tyd en wrywing geslyp en poleer is. Dit vertel van tye van oorlog en vrede, van die trane en genot. Dit vertel die storie van ’n nasie in wording
En dit vertel hoe ons steeds woeker om ’n identiteit as ’n nasie te skep. Koerante is so belangrik vir die ou op straat wat werk soek, wat nie sosiale media het nie. Hy kan werk vir hom daarin soek.
Daar is tye wat mense my soms omkrap as hulle datums verkeerd onthou en sodra hulle my argiewe besoek, sien hulle dat hulle verkeerd was. Dis maar hoe die mensdom is.
Soms besoek die mense ons argiewe om vriende se geboortedatums op te soek. Hulle is dan verbaas oor alles wat op hulle eie geboortedag gebeur het.
En as groot maatskappye verjaar, vra hulle hoe die maatskappy se eerste advertensie gelyk het.
Selfs iemand wat in 1980 matriek geskryf het, wil weet hoe die blad gelyk het. Baie van ons dink deesdae: “Ek het ’n smartphone, hoekom moet ek nog die koerant koop. Vir ander weer bly dit steeds belangrik om die koerant in hul hande vas te hou.
As jy ’n blik op die verlede of op vandag se gebeure wil hê, kom gerus en besoek ons argief. Hier kan jy naslaan hoe die land ontstaan het.
Jy kan ook terugkyk op die pad waarop ons is en dit mag jou dalk help om te verstaan waarheen ons op pad is, nie net as land nie, maar ook hoe koerante oor die jare verander het .
Baie mag miskien dink dat die geskrewe koerant se einde in sig is, maar vir my bly dit ’n belangrike deel van ons land en van my lewe.
Ek kan my nie voorstel waar arm mense sonder tegnologie moet heengaan – nou of in die toekoms – om te mag weet wat aangaan, wat beskikbaar is en wat gebeur het nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie