Okaukuejo-kampeerplek – ja of nee?
Ons het onlangs vir vier nagte by Okaukuejo se kampeerplek uitgespan.
Net voor ons vertrek uit Windhoek, het ek weer ’n gesprek op Facebook gesien oor die toestand van NWR se kampeerplekke.
Iemand het gevra hoe die geriewe in Okaukuejo lyk en soos gewoonlik het daar ֹ’n storm losgebars van mense wat meestal negatiewe kommentaar gelewer het. Hulle het die persoon aangeraai om liewers buite Etosha te kamp en dan daagliks in te ry.
Ek moet sê ek was bang, maar het vinnig agtergekom dat dié vrees totaal onnodig was. Die kommentare was totaal ongegrond en die mense waningelig.
Die personeel, vanaf die ontvangs, die skoonmakers, die wagte, en die dame in die winkel, was ontsettend vriendelik en as hulle gehoor het jy is ’n Namibiër, het hulle die Engels gelos en begin Afrikaans praat. Dan is daar éérs lekker gesels.
Elke oggend wanneer ons ons daaglikse ys gekoop het, het hulle ons ingelig waar mense verskillende wildspesies gesien het.
Die kampeerterrein is skoon en netjies. Ons was vroeg daar en het plek onder ’n reuse-akasia gekry. Elke oggend was die man daar en het die braaiplek skoongemaak. Die roosters by elke braaiplek was ook in ’n goeie toestand. Ek was al by privaat plekke waar daar geen rooster of een met gate was.
Mense word versoek om hul vullis in verskillende dromme te gooi. Daar is een vir onder meer plastiek, metaal en glas. Meeste mense doen die regte ding, maar daar is mos altyd die uitsondering. Elke oggend kom die werkers en sorteer die vullis in die regte dromme. Hulle is nie nors nie, inteendeel word jy nog steeds met ’n hartlike “goeie môre” gegroet.
Die storte en toilette is skoon en word gereeld skoongemaak. Ja, daar is tekens van verval, maar dit beïnvloed nie die werkende toestand van geriewe of die skoonheid nie. Die probleem is die kampeerders. Ek het nog nooit sulke vuil toilette gesien nadat die kampeerders (vroue!) die oggend daardeur is nie.
Toilettrolle lê langs die vullisdrom. Stukkies toiletpapier lê die vloer vol. Die toilet is verstop, maar dit keer niemand om dié toilet te gebruik nie. Dit is vieslik. Ons het dit aangemeld en die werker het die boodskap onmiddellik deurgegee en dieselfde dag is dit reggemaak. Sy het selfs die moeite gedoen om na ons toe terug te kom en vir ons te sê dat die probleem opgelos is.
Aandete in die restaurant het uit ’n keuse van een voorgereg, drie hoofgeregte en drie nageregte bestaan. Een van die nageregte was selfs ‘n “independence chocolate cake”.
Die eland-biefstuk was uit die boonste rakke en so ook die pepersous. Op die spyskaart was rys en geroosterde aartappels. Ons het gevra of ons dit dalk met skyfies kan vervang en ons kelnerin het met ‘n glimlag gesê sy sal met die sjef praat en hy het ingestem.
Die volgende oggend was die ontbyt net so aangenaam, net soos wat jy by enige lodge buite die park sou ontvang.
Niemand sit en doen niks nie. Jy sien selfs dat die vorige aand se kelners buite vee en die onkruid uitskoffel.
Ek weet regtig nie waaroor mense kla nie. Die werkers probeer hul bes met dit wat hulle tot hul beskikking het.
As elke besoeker net sy kant wil bring, sal daar ook nie rede wees om te kla nie.
Okaukuejo se kampeerplek en sy mense, julle sien my beslis weer.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie