Om soos ’n arend te kan sweef
Dis mos net ’n mal mens wat dit sou waag om uit ’n vliegtuig te spring wat meganies in ’n werkende toestand is, sê hulle.
Maar ek wou dit nog altyd doen en besluit toe om aan te meld vir ’n kursus wat my in staat sou stel om uit die lug na moederaarde te vlieg terwyl ek val.
Ná ses ure van intensiewe lesse en nog ’n paar ure van besinning, breek die oomblik van waarheid die volgende dag aan.
Ek groet my honde met die gedagte dat ek moontlik nie terug gaan kom nie. Duisende vrae maal deur my kop op die pad tussen Walvisbaai na Swakopmund se lughawe.
Ons styg op. Die deur skuif oop en ek steek my kop in die hemelruim uit. Warm lug en ’n sterk wind klap my deur die gesig.
Die valskermpak wapper soos ’n vlag om my lyf en die gedreun van die enjin en die reuk van diesel oorrompel my. Ek klim uit. Een hand op die grendel in die vliegtuig en die ander op die vlerk met my voet op die trap se reling. Onder wag die wêreld (plat) op my.
Eers toe dink ek: “Genade waarmee is ek eindelik hier besig?”
“Is jy reg?” lees ek op die lippe van my instrukteur. Ek knik my kop en toe los ek die vliegtuig met sy passasiers daar bo in die lug.
Vir ’n oomblik staan die tyd stil en toe skielik skop die oorlewingsinstink in. “Arch 1 000,” hoor ek my instrukteur se stem daar doer vêr in my brein en ek doen soos ek geleer is – 2 000, 3 000, 4 000, 5 000. Ná die vyfde telling kyk ek op en sien die valskerm is daar, hy is oop en ja, ek sweef.
“Alles is reg. Geen noodstappe nodig nie,” sê ek vir myself.
Ek reik na die twee stuurstange en trek die een aan my regterkant. Die valskerm maak ’n draai na regs met my. Toe trek ek die linkerstang en ek gooi ’n draai na links.
Ja, ek sweef so wrintiewaar, duisende meter bo moederaarde. Die wêreld is ongelooflik mooi hier van bo af en ek dank God hardop vir die voorreg.
Daar sak ’n kalmte oor my en ’n ontsaglike vrede vul my hart.
Ek begin in alle erns rondkyk. Op soek na die landingsarea, ontdek ek aan my linkerkant die B1 wat na die binneland kruip in die rigting van die Rössingberge. Regs wink Swakopmund se DRC-nedersetting en die pad na Walvisbaai kronkel tussen die duine en die vonkelende blou see.
Ongelukkig kom alles wat begin tot ’n einde en so kom ek te lande waar my kleinseun op my wag met ’n groot glimlag en bewondering op sy gesig. Dit sorg vir ’n onvergeetlike “oupa”-oomblik.
Die adrenalien pomp nog vir ’n paar dae daarna, maar ek voel anders want daar bo in die oop lug, het ek my “geestesbagasie” gelos. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie