Om te was of nie te was; dis die vraag
Dit gaan dalk nou heel gross klink, maar kan jy glo daar is ’n wêreldwye beweging om níé klere te was nie?
Ek lees nou die dag ’n berig op BBC oor dié groep.
Dalk moet ek byvoeg dat dit in hierdie geval spesifiek gaan oor mense wat besluit om hul denims glad nie of baie min te was.
Een van die voorstanders hiervan is Bryan Szabo, die stigter van die Indigo Invitational Fade-kompetisie. Die uitdaging is dat mense van oraloor die wêreld vir ’n jaar onbehandelde (raw) denims dra en dit so min as moontlik of sommer glad nie was nie. Uiteindlik stuur almal foto’s van hulle denims in, en die “wenner” word gekies. Of so iets.
Szabo se doel is om nuwelinge in die wêreld van rou denim op te voed oor sommige van die fyner detail van die aankoop, dra en vervaging van dié materiaal.
Die strategie word deur alle klublede gevolg, wat onder meer die uitvoerende hoof van Levi’s insluit.
Onder die deelnemers aan die Indigo Invitational, wat nou al vyf jaar bestaan, stel meer as nege uit 10 mense die eerste was van hul denims uit totdat hulle dit tussen 150 of 200 gedra het.
In plaas daarvan om hulself tot ’n wasmasjien te wend, gebruik denimdraers ander maniere om hul gunstelingjeans te versorg, soos om dit aan UV bloot te stel (soos ’n “sonbad”) of om dit oornag buite te laat hang.
En moenie dink dit sal help om, volgens oorvertelling, jou denim in ’n vrieskas te sit nie; dit is bloot ’n mite met wetenskaplikes wat meen dat huishoudelike vrieskaste nie bakterieë doodmaak nie. So die reuk en vlekke gaan bly.
Maar dit gaan nie net oor die was van denims nie. Onthou, ons staar ’n droogte in die gesig. Navorsers sê een van die ergste dinge wat jy aan enige kledingstuk kan doen, in terme van duursaamheid, is om dit te was. Wanneer klere gewas word, kan dit skeur, krimp en kleur verloor. Tog is dit vir mediese en higiëniese redes belangrik om wel jou klere te was. So, dit gaan maar eintlik daaroor om balans te vind.
Die beste benadering, sê kenners, is om buigsaam te wees: As jou klere nie ruik nie, moenie die moeite doen om dit te was nie. En wanneer jy moet was, was dit teen ’n laer temperatuur, op ’n korter siklus en skakel selfs waspoeier uit as jy wil. Buitendien, klere was vreet ure van jou lewe op en daar is soveel lekkerder dinge om met jou tyd te doen.
Maar terug na die was van denims. Blykbaar is daar geen harde reël vir hoeveel keer jy dieselfde jeans kan dra nie, maar kenners meen dit kan gewas word ná enigiets tussen drie en tien keer se dra. Natuurlik, as jy aktief is, buite werk of baie sweet, sal jy dit meer gereeld moet was, maar as jy heeldag agter ’n lessenaar sit, kan jy dit heelwat langer dra.
Of sluit by die Indigo Invitational Fade-kompetisie aan, en sien hoe lank kan jy uithou!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie