No Image Caption

Onderwys – Hoe lyk die GIPF?

Mandy Rittmann
Verlede week het ek ’n profiel probeer skep van senior burgers wat lede van die GIPF is. Daar skort nog heelwat met die profiel, maar die geallokeerde ruimte vir die rubriek het my nie toegelaat om verder uit te brei nie.

Hier volg nou ’n profiel van die GIPF gesien deur die oë van ’n lid van die organisasie. Die GIPF is volgens wetgewing die beskermer en administrateur van die pensioengeld van Namibië se staatsdiensamptenare. As ’n mens wil weet wie en wat die GIPF is, kan mens, naas wetgewing, maar net gaan lees wat die instansie se visie, missie en kernwaardes op die advertensieborde voor hul kantore sê. Dit is die visie, missie en kernwaardes van enige organisasie wat sy strategiese denke ten grondslag lê.

Volgens die inskripsies onderneem die GIPF om die geld wat aan die instansie toevertrou word, te beskerm en die groei daarvan tot voordeel van sy lede te verseker. Kragtige kernwoorde soos integriteit (eerlikheid, billikheid, deursigtigheid, etiek en betroubaarheid) en toesighouding met empatie belig die visie en missie. Hierdie is nie leë woorde wat ligtelik opgeneem moet word nie, dit is deel van die DNS van die GIPF. Die visie vertel ons meer van die toekoms van die organisasie terwyl die missie die weg plavei met objektiewe, strategieë en sakepraktyke.

Die visie, missie en kernwaardes is nie daar vir dekoratiewe doeleindes nie, maar is intens gemoeid met die hede en toekoms van die lede en hul afhanklikes.

Nou die miljoen dollar vraag; waarom sal die GIPAN dan so ’n bohaai opskop as alles kosher is? Sedert die gedagte van ’n GIPAN posgevat het, en die organisasie gestig is, is daar geweldige “verkeer” op hul WhatsApp-blad en etlike vergaderings is gehou. Maar, meer hieroor later!

Ek wil weer terugkeer na die belangrikheid van die redes waarom die visie, missie en kernwaardes gerespekteer móét word. Die lesers moet daarop let dat dit inklusief gerespekteer moet word en nie net sommige nie.

Eskom, Prasa, die lugdiens en die Estina-melkery in ons buurland het gevou omdat hierdie belangrike rigtinggewende instrumente (kernwaardes) plek moes maak vir korrupsie en oneerlikheid. Ons belangrike visbedryf is tans in die hof omdat daar beweer word dat dieselfde hier ter plaatse gebeur het.

Laastens is daar ’n uiters belangrike aspek wat ook bydrae tot die suksesvolle handhawing van hierdie waardes, en dit is buigsaamheid. Ná skool het ek vir ’n jaar by die Volkswagen-fabriek op my tuisdorp gewerk. Die maatskappy het die Studebaker-aanleg oorgeneem nadat dié in die laat vyftigs gesluit het. Dit spreek dus vanself dat reusebedrae in die verandering van die aanleg belê moes word.

Toe ek in 1969 daar gewerk het, is alle moontlike Volkswagen- en Audi-modelle daar vervaardig. Oor die jare is modelle verbeter en sommige uitgefaseer by die Uitenhage-aanleg. Vandag vervaardig hulle slegs die Volkswagen Polo. Hul visie van “tegnologiese innovasie op die gebied van motorvervaardiging” het hulle suksesvol deur die jare van verandering geneem. Om dit te doen was buigsaamheid die wagwoord; hulle het nie geklou aan ou uitgediende besluite en metodes nie.

Die GIPF sal ernstig hieroor moet besin; die verwagtinge, behoeftes, omstandighede en drome van sy lede en hul onafhanklikes is nie êrens geparkeer nie.

Die GIPF versprei gereeld pamflette oor die organisasie se werksaamhede om sy lede ingelig te hou, maar pamflette kan onmoontlik alles te kenne gee. Een so ’n aspek is die raad van trustees wat eintlik die “waghond” van die lede se geld is. Maar, volgende week kan ons aandag skenk aan die raad van trustees, die “kom-vandaan” van die GIPAN, die kommunikasie met die GIPF en hul versoeke en die response van die organisasie.

[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!