Onderwys – Swak oorhoofse bestuur en instandhouding van skole
Rubriek
Die berigte oor die water en sanitasie probleme by twee skole in Rundu is ontstellend en besig om onderwysvoorsiening daar in die wiele te ry.
Maar, eers die agtergrond. Die Keehemu Primêre Skool is in die onlangse verlede in twee skole verdeel, naamlik die Jafet Haiyambo en die Hompa Sofia Mundjembwe primêre skole. Al afleiding wat ek maak, is dat die bestuursuitdagings van die groot Keehemu die verdeling genoodsaak het. Wat ook duidelik is, is dat die verdeling sonder behoorlike beplanning en inagneming van die realiteite gedoen is.
Eerstens, daar is nie bepaal of die watervoorsiening en ablusiegeriewe voldoende was vir die al groter wordende Keehemu nie, en na die verdeling is nuwes ook nie bygevoeg nie.
Tweedens, die stigting van skole deur eenwording of verdeling bied altyd besondere (en ingewikkelde) bestuursuitdagings en ek wonder of die nuwe skoolhoof/de met dit ingedagte aangestel is. Maar, kom ons keer terug na die hede.
Volgens die koerante het die twee skole etlike maande gelede sanitasie- en waterprobleme opgetel; die sanitasieprobleme kan moontlik die gevolg van verstoppings of lae waterdruk wees. Hierdie situasie het ondraaglik vir die leerlinge en onderwysers geword. Die onderwysers weier ook nou om die bestaande geriewe te gebruik Daar was sprake van ’n tydelike skoolsluiting en die onderwysers het gedreig om onbetaalde verlof te neem. Die onderwysersunie het hulle hierin gesteun.
Hier is ’n klompie lesse vir die skoolhoofde en onderwysadministrateurs te leer.
Eerstens, die in loco parentis-leerstuk eis dat die skoolhoof jaloers moet waak oor die veiligheid en gesondheid van leerlinge op sy perseel. Dit volg dus dat sodanige probleem sonder verwyl onder die aandag van die verantwoordelike amptenare gebring moet word. Hiervoor is ’n duidelike kommunikasieprotokol geskep. Alle fisiese probleme by skole wat op die lessenaar van die streekdirekteur beland, word afgevoer na die beplanningsafdeling van waar dit na die departement van werke verwys word. Hierdie is ’n ernstige probleem en moeite moes gedoen gewees het dat dit onverwyld aangespreek kon word. Elke kantoor beskik oor ’n ambagsman (of ’n nutsman) wat ’n ondersoek kan loods nog lank voordat enige beampte van werke ’n perseel besoek.
Iemand in die kommunikasielyn het nie die erns en dringendheid van die probleem besef nie of nie sy of haar werk gedoen nie. Daar is geen verskoning, nie eens ’n redelike een, vir hierdie versuim nie. Onderrig en leer kan nooit plaasvind in ’n konteks waar die onderwyser of leerling se waardigheid nie gerespekteer word nie. Die leerlinge se veiligheid en gesondheid is ook eenvoudig nietig geag.
Daar is een ding wat enige skoolhoof moet besef en dit is dat sy of haar hande nooit afgekap is nie. ’n Skool is gemeenskapsbesit en daar is baie rolspelers na wie die skoolhoof hom of haar kan wend. Hy of sy is dan geregtig om die burokrasie eenvoudig te ignoreer en hom of haar te wend tot lede van die uitvoerende komitee van die streekraad of die streekgoewerneur of plaaslike politici of die tradisionele leiers. Ek is ook van mening dat die gesondheidsinspekteur van die plaaslike owerheid ook die bevoegheid het om enige instansie of deel daarvan se deure te sluit waar die toestande van so ’n aard is dat dit die gesondheid en veiligheid van die gebruikers in gevaar stel.
Verder, het ek dit talle male genoem dat ’n skool die eiendom van die gemeenskap is. In elke gemeenskap is daar talle ambagsmanne en seker ook loodgieters (veral vir die probleem onder bespreking) wat te gretig sal wees om die skool te hulp te snel en die probleem gratis op te los. Die skoolhoof moet net uit die gemaksone van sy kantoor kom en hulp gaan soek.
Maar, as nie een van bogenoemde vrugte afwerp nie, is dit tyd vir die skoolhoof om moue op te rol. Hy, lede van sy personeel en moontlik van die groter seuns sal dan die probleem moet aanpak. As daar nie geld vir materiaal is nie, dan sal hy dan noodwendig die geld wat aan die skool vir skryfbehoeftes geallokeer is, moet aanwend.
Ja, ek weet dat ek die storie nou te ver voer, maar genoeg is so waar as wragtig genoeg. Jy kan nie ’n skoolhoof wees en ’n skoolhoof se salaris verdien en nie van die beskikbare amptelike en nie-amptelike bronne of jou eie vermoëns gebruik om derglike probleme op te los nie.
Maar, die storie eindig nie hier nie. In verlede week se rubriek het ek genoem dat die ministerie kan met ’n bietjie moeite agterkom hoe swak en pateties die oorhoofse streekbestuur en toesig oor skole in sommige streke is. En, so wraggies land hierdie week se tema soos ’n oorryp vy in my skoot. En dit geld nie net vir fisiese beplanning en instandhouding nie; swak eksamenprestasies is heel bo aan die lys soos my streek nou vir baie jare al bewys.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie