Onderwys – Verantwoordbaarheid
Vanjaar het die wêreld kennis geneem van ’n klompie presidensiële en parlementêre verkiesings. Die mense was by die stembus in Indië, Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek, ’n paar lande in Suid-Amerika en onlangs in die VSA. Namibië kom einde November aan die beurt. Alhoewel die moderne demokrasie sedert die 17de eeu aan ons bekend is, word leiers al vir eeue in sommige gemeenskappe verkies. Maar, die samestelling van die moderne demokratiese regeringstelsel vereis ’n bietjie meer organisering. Mense met dieselfde politieke oortuigings groepeer hulself in politieke partye. Regerende partye sowel as dié wat graag eersgenoemde van sy mag by die stembus wil ontneem, begin nou met alles in hul vermoë om die aandag op hulle te vestig.
Dit verg organisasie, propaganda, publisiteit, geld en harde werk. Dit word ook van elke party verwag om ’n dokument van voorneme aan die kieserspubliek voor te lê; dit is die veelbesproke manifesto. Al die beloftes daarin bevat een of ander emosionele appèl; partye onderneem onder andere dat die belang van die kind (onderwys), die gesondheid van die volk (gesondheid en welsyn) en die bankbalans (belasting) baie hoog op hul prioriteitslyste sal wees. Nou is dit ongelukkig so dat dit die party is wat hierdie beloftes die beste kan artikuleer en die fondse het om dit so wyd en dikwels as moontlik te verkondig, wat die meeste aandag trek.
Alhoewel Donald Trump in sommige kringe in die VSA as ’n rassis uitgekryt is, het hy die ekonomie, die arbeidsopset, onwettige immigrante en die huidige oorloë tot sy voordeel aangewend. Verder kan die liegfaktor ’n bepalende rol speel in die aanwys van die wenner. Trump was uiters suksesvol in die aanwending van die Goebbels-beginsel wat sê, hoe groter die leuen en hoe meer dit aan dieselfde gehoor vertel word, hoe geredeliker sal dit geglo word.
Die demokrate en hul kandidaat, Kamala Harris, is uitgekryt as ’n korrupte spul. Biden is uitgemaak as ’n onbevoegde ouman en van Harris is gesê dat sy ’n lae intelligensie het. Maar, hy het gewen en dis geskiedenis.
Maar, naas die beloftes (liegstories ingesluit) is daar ook die element van toerekeningsvatbaarheid. Regerende partye behoort ook in die openbaar te reflekteer oor hoe suksesvol hulle was in die uitvoering van vorige verkiesingsbeloftes.
Die opposisiepartye kan natuurlik nie spog met die implementering van verkesingsbeloftes nie; hulle was nie in beheer nie. Maar, hulle behoort aan te kan dui hoe hulle die regerende party gereeld tot verantwoording geroep het. Maar, kan die partye hulle werklik op sukses roem, as die Speaker van die Nasionale Vergadering in Namibië moes sukkel om genoeg lede by mekaar te kry om ’n kworum te vorm sodat die minister van finansies sy klein-begroting toespraak kan lewer.
Ek het nou ’n lang draai geneem om beloftes en verantwoordbaarheid in die politieke verkiesings te verduidelik? Wat het dit met ons gesprek oor GIPF en GIPAN te make. GIPF is deur die wetgewende owerheid geskep met die uitsluitlike doel om die pensioengeld van staatsdiensamptenare te bestuur en te beskerm. Trustees word aangestel om hierdie taak te verrig en het die bevoegheid om te besluit hoe om die lede se geld te belê. Nou weet ons ook dat van baie van die mooi beloftes van besighede in wie daar belê is, het dadels van gekom.
Ja, ons weet dat daar aan die hoofborg van GIPD, die regering, verantwoording gedoen word, maar waarom word die lede seggenskap ontsê? Waarom is dit dan so moeilik om ’n lid of twee van GIPAN te koöpteer of op ’n ad hoc-basis op die GIPF te betrek? Die bates in besit van GIPF behoort tog aan die lede. Waarom is dit nodig vir GIPAN om regshulp te soek om hul “sê te sê” terwyl hulle nie oor die nodige geld beskik om daarvoor te betaal nie? Word daar weggeskram van die beginsel van verantwoordbaarheid wat so belangrik is wanneer iemand of ’n instansie in die posisie van custos geplaas is? Ek dink dat die Namibiese volk, en veral die lede van die fonds, ’n antwoord verdien. En my pleidooi weer is dat daar gepraat moet word! Moenie dat hierdie ontevrede pot oor kook nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie