Onderwys – Aanspreeklikheid
In die 80’s was die onderwysdepartement van die Wetgewende Owerheid vir Kleurlinge nie baie gediend met die matriekuitslae van ’n betrokke skool nie.
Dit was ’n moderne goed toegeruste skool met ’n redelike opgeleide span onderwysers. Nogtans, teen alle verwagting, was die matriekuitslae power. Die skoolhoof is eenvoudig uitgewys as die een verantwoordelik vir dié toedrag van sake.
In kort beteken aanspreeklikheid dat ’n mens aanspreeklik is vir jou dade. Maar, dit is nie so eenvoudig nie! Die vraag is wie is aanspreeklik en wie eis aanspreeklikheid. Tot die beskikking van ’n skoolhoof word baie bronne geplaas met die verwagting dat hy of sy bestuurstelsels in plek sal stel om die onderwysakt (onderrig en leer) te laat gebeur. As sy/haar skool gekenmerk word aan hoë afwesigheid, swak leerlingvloei en ’n hoë uitvalsyfer, dan word sy/hy daarvoor aanspreeklik gehou.
Hoërskole word veral gemeet aan hul matriekuitslae. Die eisers, naamlik die onderwysadministrateurs, ouers en ander rolspelers sal vinnig hul stemme laat hoor en selfs die kop van die skoolhoof eis. Dit is seker ook reg so, want die bestuur van skole is nie goedkoop nie.
Maar, eindig aanspreeklikheid by die skoolhoof? Die outeur en politieke analis, Melanie Verwoerd, het ’n artikel oor aanspreeklikheid na die skorsing van Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer (OB) in ons buurland, geskryf.
Mkhwebane het tydens die Zuma-bewind vir Thuli Madonsela as OB opgevolg. Soos dit nou blyk het sy ’n uiterste gemors van hierdie belangrike kantoor gemaak. In plaas daarvan om die publiek se belange te beskerm, het sy verkies om bepaalde mense se belange te dien. Sy is daarvan beskuldig dat sy onbevoeg en onbekwaam vir die pos was en haar personeel oordonder het.
Die komitee bevind dat sake onder haar leiding swak ondersoek is en sekere korrupte rolspelers se identiteite eenvoudig verswyg is. Daar is aangedui sy het die waarheid oor die Estina-suiwelprojek by Vrede, waar hooggeplaastes soos Ace Magashule betrokke was, versluier. Dit was maar een van die korrupsie- en staatskapingspogings wat die lig gesien het. Die ondersoek na haar onbevoegdheid het die staat (belastingbetalers) R160 miljoen gekos terwyl R36 miljoen na haar regsverteenwoordigers gegaan het.
Aldus Melanie Verwoerd behoort diegene wat aanspreeklikheid eis, belangrike lesse uit die Mkhwebane-geval te leer. Eerstens is dit nou duidelik dat politieke motiewe hoër geag is as regservaring, regsetiek en regsbevoegheid.
Verwoerd stel dit duidelik dat sy nooit in die pos aangestel moes gewees het nie. Tweedens het die parlement nooit besef dat die reëls vir die artikel 194-komitee wat die saak moes ondersoek, vatbaar vir uitbuiting was nie.
Mkhwebane en haar regsverteenwoordigers het hierdie gebrek tot die uiterste uitgebuit. In terme van geld en tyd het dit die staat duur te staan gekom. Haar laaste aanbeveling is dat daar ’n perk geplaas moet word op die geld wat die staat beskikbaar moet stel in derglike gevalle.
Terug na onderwys! Moet daar nie ook vrae gestel word aan diegene wat aanspreeklikheid eis wanneer skole nie presteer nie? Die onderhoudsvrae is soms sinneloos en daar word weinig gevra na die persoon se werklike werkservaring, onderwyskundigheid en werksetiek. Is skoolrade en skoolouers nie ook soms skuldig aan die aanstelling van onbevoegde mense nie?
(Met vrug gebruik gemaak van Melani Verwoerd se “Mkhwebane’s impeachment was good for accountability, but at what cost?”, 2023)
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie