Onderwys – Aanstelling van skoolhoofde
’n Deel van die skoolgemeenskap van die Minna Sachs Primêre Skool op Keetmanshoop is in opstand teen die aanstelling van hulle nuwe skoolhoof.
Vanoggend wou van die skoolouers glo nie haar toelaat om die skoolperseel te betree nie. Daar word beweer dat sy glo nie eerste op die kortlys was nie, en dat sy nie die taal van die skoolgemeenskap magtig is nie. Hierdie lysie word aangevul met bewerings dat kandidate uit ander dele van die land spesiaal “gewerf” word om skoolhoofposte in ||Kharas te beklee, die suksesvolles nie ordentlik met die ouergemeenskap kan kommunikeer nie en dissipline by die skole agteruit boer. Hiervoor kan ek nou nie pa staan nie, maar wat ek wel weet is dat ons skole in die streek, veral die matrikulante, oor die laaste klompie jare, nie hond haaraf maak. Meer, hieroor ander dag!
Dit wil my egter voorkom asof die aanstelling van ons skoolhoofde ietwat problematies is. Skoolhoofde is van die belangrikste mense in enige gemeenskap. Kinders word aan hulle toevertrou en as sulks speel hulle ’n bepalende rol in die toekoms van ’n land. Dis waarom die onderwysowerhede daarvan oortuig moet wees dat ’n kandidaat nie net oor die nodige kwalifikasies beskik nie, maar ook oor die nodige kundigheid wat oor jare opgebou is, en dat hy/sy verstaan wat die posisie behels.
Ná onafhanklikwording in Namibië en die demokratisering van Suid-Afrika in 1994, het dinge drasties verander. Demokratisering het desentralisering tot gevolg gehad dat die senter nou mag met die streke en provinsies moet deel. Die impak op skoolgemeenskappe was natuurlik nie uitgesluit nie; skoolbeheerliggame het nou in naam, samestelling en opdrag verander. Skoolrade (Namibië) en Skoolbeheerliggame (RSA) sluit nou, naas skoolouers, ook onderwysers en senior leerlinge in.
In die RSA geniet lede van die onderwyser-unies nou ook sitting op beheerliggame. Die beheerliggaam mag ook, in die geval van ’n skoolhoofpos, aanbeveel dat ’n kundige persoon met wye ervaring op ’n ad hoc-basis aangestel word om met die siftingsproses te help. Ons hier in Namibië kan gerus die aanstelling van kundiges op ’n ad hoc-basis op skoolrade oorweeg.
’n Praktyk wat ons egter soos die pes moet vermy, is die druk van die unies om kaderontplooiing ten alle koste te implementeer. Die aanstelling van skoolhoofde in ons buurland in vele staatskole in terme van kaderontplooiing, lei tot groot ontevredenheid; die vereiste van bewese bevoegdheid word nou gereeld vervang met kameraadskap. Beskikbare navorsing wys die agteruitgang in ons buurland se skole hieraan; swak prestasie en swak dissipline.
In die ||Kharasstreek moes die kriteria van bewese bevoegdheid die afgelope paar jaar plek maak vir ander oorwegings wat min te make het met gehalte-onderwys. Dit is duidelik dat die kandidate wat die keuses van skoolrade was, nie altyd die keuses van die streekowerheid was nie. Een skoolhoof (en skoolraad) wie se keuse duidelik nie in lyn was met die streekkantoor se wense nie, is gevra of hy ’n rassis is. Deurdat bewese bevoegheid vervang is met ander oorwegings, betaal die streek ’n bittere prys; swak prestasies en swak dissipline.
Dit is my oorwoë mening dat naas die voorgeskrewe en afdwingbare kriteria kandidate iets moet weet van die inrigting (institusionele geheue), die taal van die breë skoolgemeenskap magtig is, die gemeenskap ken (tradisies en kultuur) en ten minste deur die verteenwoordigers van die gemeenskap (die skoolraad) geken word. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie